Ek het n nuwe laptop moes koop en so deur die uitsort etc vind ek hierdie stukkie wat ek geskryf het tydens die eerste lootings wat hier in KZN was.....
……Party
mense is baie keer so arm, want al wat hul het is geld…
O wee, waarheen is die wêreld oppad? Nêrens…erens is n groot
gemors. Ons is deur n week of is dit nou langer? Ek weet nie want sien om
afgetree te wees hou jy nie meer die kalender dop soos die dae wat jy nog teen
tyd gestry en baklei het nie. Vroeg opstaan stort , klere kies vir vandag, hare
blaas, biki make-up en o gaats sommer vinnig n beskuit en koffie. En
wroem-wroem daar gaat jy! By die kantoor aangekom, rustig asof jy al 3 ure
wakker is en in rustigheid jou klere aangetrek het wat jy gisteraand al besluit
het wat om vandag te dra?? Jou ontbyt was ook meer uitgebrei as net n beskuit
en jou grimering, o ja nou is dit grimering…is netjies aangesit. Jy het ALBEI oorbelle
aan en jou parfuum walms is daar, maar nogal gedemp want jy het dit al
douvoordag aangespuit. NEE..dit was n gejaag met n droom ..Eendag ,eendag gaan
jy kan later slaap en rustig jou ontbyt eet en stort en en en…Dit het
aangebreek. En nee, jy is vroeer op as wat jy gedink het jy gaan..want jou lyf
kan nie so lank lê nie…
Terug by die week wat verby is en voel asof dit nog aangaan.
Hier was stroping of beter word “looting” en plunder en oproer gewees. Ek self
weet nie of elke liewe ou wat daaraan deelgeneem het dit vir die rede gedoen
het waaroor dit eintlik moes gaan nie, maar hul het maar saam gedoen . Winkels
is geruineer, malls afgebrand, trokke en busse gebrand, voorrade gesteel en so
kan hierdie lys dinge aangaan tot my ink op is. En hier sit ons rustige mense
sonder die nodige, of sal ek die woord
van die Covid jaar gebruik, sonder essentials.
Ons , ek en my man besluit miskien gaan ons net ry en sien of
ons dalk n plek kry wat wel nog voorrade het. As afgetredenes is dit nie meer
die maandelikse grootkoop van kruideniers nie, maar eerder n weeklikse
uitstappie. Dis eers n lekker ontbyt erens dan die koop. So ja ons was nie
rerig voorbereid op hierdie tyd van NIKS nie. Ons woon maar in n klein dorpie
of eerder soos die, veral die uitlanders sê,
n Village. Die paaie is stil..amper asof daar ook min mense is. Jinne n
gedagte wat wel by my opgekom het was..het die Wegraping gebeur en ons het
agtergebly? Nee almal was maar net verslae oor dit wat afgespeel het in SA en
veral hier in KZN die provinsie waar ons woon. Die strate raak meer besig… Oral
is NIKS..en daar waar daar iets is, is die winkels gesluit. Ons ry van winkel
na winkel met hoop op die volgende een om oop te wees. Ons vind n klein
winkeltjie wat wel oop is, maar geen essentials, even nie eers die non
essentials meer nie. n Ou omie kom uit met net n pakkie koekies wat daar was.
Nou is dit ook klaar. Ben kon ook darem 5 rolle toilet papier kry , die aaklige
soort, maar dit was darem iets om te koop. Oppad huistoe , my gemoed is toe nou
al vol trane binne..maar ek het my brawe gesiggie op vanoggend. Ons sien die
Slaghuis is oop en Ben sê miskien moet ons gaan kyk vir n pakkie of 3
maalvleis. Ons het oor as genoeg ander vleisie nog, dis net die mins wat gedaan
is. Hier binne ook n ry..almal maar stil en die gesiggies lyk almal braaf. Of
so dink ek want die maskers maak mos alles toe deesdae. Ek sien op die rak lê 3
blokke margarine en 3 lemoensappies. Besluit koop dit maar. Ons is amper voor
in die ry toe koop die dame voor ons al die vleis wat nog beskikbaar is. Hoe
gaan sy alles kan dra wonder ekke. Maar dit was wat die dam walle in my gemoed
laat bars en breek. Ek vra vir Ben die bakkie se sleutel en gaan sit daar en
huil en huil. Here, vra bid ek..wat het gebeur? Ek stuur voicemails na my
sussies, maar ek huil so …dit was moeilik om so te praat!. Hier kom Ben en ek
lui af. Oppad huistoe was grafstil in die bakkie. Ons albei verbaas en vol
vrae. By die huis neem ek inventaris van hoe en wat ons kos situasie lyk. Ek
besef hier gaan kreatief kos gemaak moet word. Even my meel vir brood bak is
laag. Groente en vrugte is….net tamaties wat al oorryp is. Middagete is
salticrax met marmite en klein ,bitter klein repie kaas op. Ook net 4 koekies
elk. En n glas water. Koffie is ook op rantsoen want ons het net 6 Liter melk. Ons
bel ons kinders wat so 30 km van ons af bly en hoor of hul ok is. Ja se hul,
maar skrikkerig oor wat aangaan. Jinne die whatsapps was so baie oor alles wat
aan gebeur is, dat my foon amper verstik het. Die een wil slegter lyk as die
ander. Dit brand ,dit ontplof, dit is sleg ! Nee jinne alles is negatief. Die kinders woon in n estate en daar is
aksieplanne en noodplanne in werking. Ons seun doen wagbeurte van 3 ure aan en
3 ure af. Dogter en kiddies is op gereedheidslag om na die nood bymekaarkom
plek te gaan. Die rugsakkies en kombersies staan by die voordeur. Intussen is
hulle geprep dat sou dit gebeur dat hul nie betyds kan wegkom nie, hul na die
badkamer moet gaan en die deur sluit. Hul hartjies bewe. Ons dogter is dadelik
bekommerd oor die jongste se medikasie wat nog net vir dag of twee genoeg is.
Sy ly aan n nier sindroom en moet meds neem. Maar God maak hul rustig. By ons is dit ook n warboel emosies. Nou moet
ons even ons brandstof spaar want die vulstasies is gesluit. Even kontant is
nie volop.
Ons bid. Ons kommunikeer met ons bure en vriende. Ons bak
brood en deel uit. Ons ruil 6 lemoene vir 6 aartappels. Die Pastoor se hy bring
toiletpapier. (hoe het hy geweet?) Dankie Jesus. Ben moes dringend n silinder
suustof kry, want sou die elektrisiteit af aan het hy nie backup nie. Hy het
Idiopathic Pulmonary Fibrosis. Die gasman sê hy sal moreoggend vir n uur oop
wees en hoop om teen dan suurstof in te gekry het. Nou ,dis nou more en Ben is
al vroeg vroeg daar om te kry. Prys die Here hy het n silinder gekry. Oppad
terug huistoe besluit hy om na n winkeltjie langs die Spares plek te ry. Oppad
sien hy n ander winkel wat oop is, die parkade is stil en geen rye by die
winkel nie. Ons was nog nooit by daardie winkel nie. Stap in en sien die rakke
ook maar leeg, maar daar lê n sak rys , n pak koekmeel asook 3 pakkies
mieliemeel. Hy koop dit. Wow wat het nou
net gebeur.? Goddelike voorsiening dis wat gebeur het. Kom by die huis en wys
my. Ons huil en sê dankie vir hierdie voorsiening. Vader se goedheid ken geen
perke nie en is altyd op tyd. Emosioneel gaan ons op n rollercoaster. Sovele
vriende en familie wat wil hoor of ons ok is. Kan ons vir julle voorrade
invlieg? Is daar n klein vliegveld? Dis net oorweldigend. Om te sien hoeveel
mense se harte sag is en net genade en liefde wil aangee. Ek is konstant in
trane. Gebede so baie !. Dankie. Ons kry
pakkies vol kos en bederfies met Koerier. En die voorsiening stop nie.
Dis God. Ons ringtones op ons fone klink..I’ll raise a Hallelujah… …Almal staan
saam. Daar is nie kleurgrens nie. Even die taxi manne kom help ons mense
wagstaan..Wonderlik hoe ons wel kan saamwerk en mekaar se nood kan help dra.
Dit is n humbling experience. Ons was so gewoond om te gee ,
veral in ons tyd wat ons in Mozambiek gewoon en werk het, en nou moet ons leer
om te ontvang. Here hoe doen mens dit? ..Hy antwoord..jy ontvang in
dankbaarheid…EK was nogals altyd iemand wat maklik my hart gedeel het…maar oi
oi..hierdie is moeilik.
Hierdie stelling maak
nou 500 % vir ons sin…..Ons is arm want al wat ons het is geld.!
Dankie
Heer dat U nie n essentiele is nie en ook nie geplunder kan word nie en ook nie
gesteel kan word nie, want U was al gebreek en doodgemaak, MAAR U het OPGESTAAN
en U is ons opgestane God, Koning en Heer. U het oorwin, sodat ons kan leef. Oorvloedig
in U voorsiening en liefde. Onvoorwaardelik gekoester in Genade.