Uitspraak..spelling...waarvan praat jy nou eintlik sal jy dan ook nou weer sê, dit gaan oor wat jy doen.., nee man dis hoe jy ruik ! Of hoeveel jy spend! Oeps dis nou 'n ander kwessie daardie. Rande, ponde of dollars.. maak nie saak nie, dit kos jou altyd iets. Ek onthou vroeër jare het dit partykeer broekskeur gegaan in die beursie afdeling. Ek het baie van blinkdinge, skoene en dan lekkerruik watertjies gehou. O ja nog 'n ding- my ginekoloog was ek ook oor fieniekie. Terug by die eerste jare van my beursie dae... shame my Ouma het ook geweet ek hou van hierdie duur watertjies, maar ek dink nie sy het regtig begrip gehad vir my level van randwaarde vir reukdruppels nie. Shame sy het my gepamperlang met die parfu par excellence 47double something. Ek was so lief vir haar. Vandag so in my stille uurtjies besef ek eers eintlik wou my liefste Ouma net eintlik 'n voet in die deur kry om 'n beter verhouding met my te bou, 'n meer volwasse verhouding sodat sy my kan vertel van 'n ander geur wat ek kan versprei..... . My liefste Ma het ook probeer om hierdie verhouding te bou, maar ai, ek was so besig, so vol van myself, so bespuit van goedkoop?duur parfuum... en toe sterf sy.... en toe sterf Ouma...MAAR .....Jesus leef !
Voel jy ook nou so verligting in jou binneste. Ek onthou nou wanneer ons sussies gespeel het en ekke weer met die volheid vanself gesê het...'ag Mamma asseblief tog help my net uit hierso,ek wil op my eie speel en my sussies wil my nie los nie' dan het sy met so tergerigheid in haar stem gesê ' Goed ek sal hulle vra om jou te los, as jy my net eers kan wys waar sit jou eie ?' hie hie hie... dan giggle sy en ek is briesend vir haar, want waar in die wereld is my eie nou. Sy bedoel ek moet aan my lyf vir haar wys waar is my eie? Goeie ou lekker tye gewees !
Die geur van 'n Christen....ek lees in 'n dagstukkie dat die Romeine gewoonlik nadat hulle 'n groot millitere oorwinning behaal het, hulle verslane vyande aanmekaar geboei het, en hulle dan as deel van die oorwinningsparade deur die strate van die stad laat loop het. Wierook is oop die altare as deel van die viering gebrand sodat die geur deur die hele stad versprei het. Mense wat nie self die optog kon sien nie, het op die manier geweet dat die oorwinning behaal is, want hulle het die musiek gehoor en die wierook geruik. Begryp jy?? Die geur het simbolies van die oorwinning geword.
Nou ja die parrafien is aangespuit. Ek het net 2 seuns gehad en hulle nooit skaamte gehad om my geliefde perfuumpies so te noem nie. Ai het maar moeilik gesluk aan die benaming, maar dit is maar toekomstige manne..? Ek voel goed om my neus nou by die deur uit te steek, want ek ruik goed.
Paulus sê,:'Ek is dankbaar teenoor God wat ons altyd saamneem in Sy triomftog' Deur ons versprei Hy die aangename geur van Sy kennis op elke plek (2 Korinthiërs 2:14) Christus se lewe hoef nie in katedrale op loodglas vensters uitgebeeld te word nie. Nee. Sy verhaal moet eerder lewendig bly deur my en jou vurige lewe as Christen.
So Inakie vergeet maar vannie duur Franse parfuums! Jou lewe moet so van God se teenwoordigheid deurdrenk wees dat alle mense die lekker lieflike geur aan my kan 'ruik'. Ons is mos die duidelikste bewys dat Jesus lewe en in Sy kinders teenwoordig is!
Hoe meer tyd ons saam met Jesus deurbring hoe meer gaan mense vra....watter parfuum gebruik jy? ....iJesus ♥ ♥ ♥
ADVERTENSIE : Parfuum te kry ....by die Kruis..Jesus het reeds daarvoor betaal....♥