...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Dinsdag 24 Julie 2012

Smeer aan Smeer af.... of net AFSMERIGHEID....




Die titel laat mens amper glibberig.. bloep-bloep--gulp-gulp-gulp....maar dis presies  die  idee, gevoel of eerder gewaarwording wat ek wil oorbring. Ek voel dit knaag so aan my lyf, ek sien die blink van die smeer al glinster.....Jinne weet jy waarvan ek praat? jip ek sien die kop knik... daarsy jy weet ! Daardie outjie by die hoek van die verkeerslig, eenkant van die kar wil een selfoon kaarte aan jou afSMEER en aan die ander kant is dit die trane van n kind of n kreupele wat weer aan jou kar se verfwerk afsmeer...ek laat sak my kop om te bid en te vra vir leiding van die Heilige Gees vir die verfkant en krag om my pose te hou vir die kaartkant toe ek my kop weer net vinnig moet oplig om wel my oog op die verkeerslig en die omstandighede asook die omstanders te hou ( want sien moet nou ook nie vergeet ek woon in Afrika nie) dat ek die advertensiebord opmerk..... nog n smeerlappie, en dis n grote ! koop een en kry sommer nog een gratis !

Ry ek toe mos so en dink en wonder nog oor die verfkant, gonnas moes ek nie maar n ietsie gegee heti, het ek ooit klaar gebid? kani onthou nie ! Dis sleg. Vergifnis dis wat ek nou bid ! Oeps alweer brandstof en smeermiddel vir die kar. Wat se ek smeermiddel?? Nee  dankie tog darem  nog n redelike nuwe voertuig al verniel die paaie van Afrika hom rerig onverdiend. Aggenee, voordat ek kon stop en en vra vir die nodige, toe is daar alweer pikaninis aan die verfkant, darem hiri keer met ietsie wat hulle gemaak het van bessies en vislyn, ... Vende se 5 Mts ... en dis te koop R1-50 omtrent. Koop maar 2 stringe want ek het net 2 x 5 Mts (meticais) as los muntstukke gehad. O gonnapiet toe is daar n gesmeer van n ander aard.... die klein boggertjies wie se krale ek nie gekoop het nie, krap toe in hulle neuse en smeer toe hul beste diamant opgrawings aan my kar se agterkant en venster af. Ek mag mos enige kleur kar kies solank dit n witte is.(Dis sommer net terloops) Nou ja nou het ek n gestreepte kar.....gesmeerde kar. Daar was ook n hele klaskamer vol kunsstudente langs en agter my SUV gewees....Hierdie kinders kan nogal teken hoor !

O jinne, laat ek opstart en verder gaan. So ry ek nou verder en  hier waar ekke woon is daar nou nie eintlik hierdie groot advertensie borde nodig nie, neeeee die huisies en party gehuggies se mure word sommer die smeerborde..... dis geel, en wat vroeër so als blou was , is nou als rooi. Net waar jy kyk is dit so kleurvol dat jy voel asof jy vol sjokolade gesmeer is want om jou is net kleure en jou kar is die boksie, veral nou dat hy ook so mooi gekleurd is ! Een ding en ek kan nou nie eintlik sê of dit n redding of n frustrasie issi.... die swart geskryf oppi mure kan ek nou nie eintlik verstaan nie, want ek isi die taal nog magtig nie..... maar so hier en daar kom die slogan deur en dan saam met die kleur en die logo lei ek af wat daar staan en weet ekke..... buy one get two for tree....of dis hoe dit lyk in hiri taal. Daar is so hier en daar n smeerbord teen n boom opgespyker ?! So ry ek smeer-smeer verder tot by die groot winkel.... die enigste winkel. Ek koop so paar goedjies wat ek nodig het....en pak nou weer die pad aan huistoe.... sjoe maar ek het nogal my hande vuil ge(smeer) daar in die stowwerige winkel...

Terug by die huis kry ek n sms van liefie af wat my vra of ons vanaand gaan uiteet. Ons is bevoorreg om wel n heerlike restaurant te kan besoek hier. Hulle kos is heerlik! tyd het aangebreek.... almal gedress en ge'press' en ons ry. Ons tafel se geselskap is goed. Dis gesellig. Die restaurant om ons is raserig en almal kuier. Ek raak stil en luister...wow... sekere groepe se taalgebruik is ook smerig ! Kan dit ook afsmeer aan my, vra ek .. so in my stilligheid? Ek dink toe aan die ou tydse spreekwoord... meng jou met die semels, dan eet die varke jou....of... in die kring van die spotters.....

Ek dink nou baie oor hierdie ding van smerigheid.....dis smerig ! Vuil taal, waar is die skeidslyn wanneer is die taal smerig of net grof?....verkope, bemarking..wanneer is dit goeie bemarking of wanneer begin dit aan jou klou soos n kunswerk op my kar.....is die stof op die produkte wat ek ini winkel koop normaal  of is my frustrasie eintlik omdat ek n sanity trip na my hartsland nodig het ?......

ek weet nie,,,,

       MAAR my elke dag oplossing is.... ek bind my wil aan God se Wil en elke more
          wanneer ek  my  hare was en  kam dan bid ek hierdie woorde oor my....

               I've got the MIND of CHRIST.....Laat U Wil geskied...        
                    
                                    In die Naam van Jesus....