...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Saterdag 20 Oktober 2012

Exfoliate..oral oor.....EK MEEN O-R-A-L... en word weer jonk..




Nou ja laat ek nou sien... waar begin ek....seker eers lees....ai hulle skryf ook deesdae al hoe kleiner op die boksies en buisies en dinge...

Dis soos toe ek gaan kruideniersware koop die anir dag. Al wat n jong kind en mooi geboude dun wilgerlat dingetjie loop soos wat mens kar bestuur, aan die linkerkant van die paadjie met haar trollie en sy move net, vat hier, kyk daar, mik soontoe en gooi in die trollie... gee een ou Omie so 'n skewe kyk en mompel iets binnensmonds. Ek wonder so ewe nou wat in die derde wêreldse oorlog gaan nou daar aan, toe besef ekke dat die Oom Karolus aan die regterkant teen die "stroom" opwaarts beweeg opsoek na 'n pakkie "Trekker" koffie wat hy nog met die Sak maak. Eerstens weet die girlie nie wat hy bedoel met Trekker koffie nie en tweedens wat wil hy nou koffie met n "sak" staan en maak...mens maak dit mos in 'n Perculator masjien met filters en stomer vir jou melk en dies meer....ek hou hulle dop... want toe hulle so om die draai gaan ontmoet hulle weer so laer af in die volgende laan en nou is dit weer skeer "seep" en die kwas....en NOU spring daai lyfie ! .. Waaaat sê Oom van kwas...nodeloos om te sê.. die Lyfie se shopping was oor vir daardie spesifieke dag, maar oom Karolus het maar baie geduldig aangeploeter so al aan die regterkant van die isles aan....ek besef meteens dit was ek daardie vroeër jare wie se shopping vinnig geeindig het, maar kyk nou waar staan, loop, staan..strompel, wonder ek ook nou... aan die regterkant van die paadjie....het jy al gedink hoekom is dit omtrent net die ou mense wie se trollies so aan die "verkeerde" kant van die rakke/paadjie geparkeer staan? Dis oorlat hulle soveel verder van die rak af moet staan om te kan "sien" wat staan op die rak en dan gaan hulle nader , haal die item van die rak af, en die feit dat hul hom so bekyk is NIE of hul wonder of hul dit wil hê nie, dis om die prys ge"lees" te kry. En dan die rakke waarop die pryse gemerk is, is ook so klein geskrywe dat hul(ek) weereens meer as n armlengte weg moet staan om dit te kan lees... en dis ons rede hoekom ons aan die anderkant van die paadjie loop !

Dit bring my terug na my badkamer...hier sit ek nou met die buisie wat sê:  Exfoliate..Dis eintlik my gesig goete...Ja die bakkies voel altyd so lekker sag soos boeta se boudjies as dit eers klaar ge-exfoliate is ! En DIS nou wat my aan die dink gesit het. Maar jong hier sit ekke nou in 'n land waar ek nie die goete so mildelik inni hande kan kry nie..in elke geval nie die skoonheidhuis wat ek gebruik nie..en dis n pretty penny ook,, maar ek is eensaam en dink om iets spesiaal te probeer. Besluit toe om my hele lyf daarmee te treat of sal ek eerder sê "spoil" ...wil hê my hande, knieë, hakke, elmboë etc moet ook velvet sag wees.....wil net eers lees of hulle sê : versigtig dat dit nie in die oë en neusgate en....veral onder jou naels kom nie... want dan gaan dit brand !

Die skrif was te klein geskryf, want ek het my bril in die studeerkamer vergeet en die stort was alreeds oop....maar dit het toe nie gebrand nie ! Alles is sag...daar is nie n verskil tussen my wange en my kuite nie....voel soos wolke ! Ek gaan dit verseker weer doen ! Sal net regtig 'n goedkoper produk kry vir die lyfie... jip jy lees reg, want glo vir my, dit voel sommer asof ek jare afgeskraap het.. ek sê vir jou jare....layers en layers!

(Nee my hare moet ek nog dye...ek het al in vorige blog genoem Nice&maklik nr 113A)

Dis daar in die stort toe ek nou afspoel wat Jesus toe met my gesels en sê.....

.....soos hierdie  produk jou lyf exfoliate .. so  wil Ek hê dat jy jou lewe moet exfoliate...

Wat n blye versekering dat dit nooit te laat is om weer jonk te word in jou verhouding met Hom nie --- EXFOLIATE net en WHALLA ♥