...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Saterdag 05 Oktober 2013

Dit verskil vir elkeen.....



....en so probeer ek maar elke dag om myself aan die beweeg te hou...bedoelende ek ophoogte te bly met wat in die wereld doer buite , dis nou my hartsland Suid Afrika aangaan... en dan so by the way lees ek ook die local koerantjie en met local bedoel ek die Mozambiek nuus.... want sien ek is mos n expat hier die Mozzieland....my man werk hier en ekke is net hier

Ja en so lees ek mos nou die dag van die ontvoerings wat so aan die orde van die dag is hier in Mozzieland....dis sleg man sleg.....eers was dit net die Asians wat lyk vir my aangehou is vir n losprys, maar ek lees toe so wrintie nou die dag n man van n ander groep ook gevang was....en so wrintie was daar selfs nou n kleine seuntjie van net 9 jaar oud wat gevang was ook.....almal verskillend.....MAAR almal se losprysgeld was dieselfde....

Nou so eendag in die week is dit n vakansiedag hier in Mozzieland en ek en hubby ry om te gaan n lys maak van dingetjies wat aandag nodig het by die Weeshuis , maar eers moes ek net gou stop om elektrisiteit te kry want ons huis se lektriek hardloop op empty.....gelukkig hier kan ons 24 uur krag koop, darem een luukse waarvan ons nie ontneem is nie.....en die ry is darem nie te laaaank voor die geboutjie nie. O wee toe ek naderstaan toe is daar eweskielik een elle lange tou mense, almal het maar net onder die bome gestaan en wag en weggekruip vir die warm Mozambiek son wat mens so tart en brand wanneer jy dit buite waag. Ek wag toe maar my beurt af in die laaaaang ry en dis toe waar ek opmerk.... ek weet hoeveel geldjie ek in my hand het om elektrisiteit te koop en ek sien hoeveel het die omstanders in hulle handjies.... dit was darem betaaldag intussen gewees in Moz. Jinne sien ek reg... ek beduie so met my oë dat my man kan kyk en fluister vir hom of ek reg sien....hy vra wat?? ek sê...die geld! Hoeveel?? hy sê..ja 50 en die ander een het 100... my hart krummel.....ek dink jimmel...ek wonner vir hoe lank wil hulle daarmee lig hê?.. Ek is te skaam dat hulle moet sien hoe sukkel ek om my 100de alles in my hande bymekaar te kan hou....en dis ook nie vir die hele maand nie... ek sal defnitief weer moet kom...Dankie Jesus.

Nou ja nou ry ons darem weer en die aircon is full blast.... en hulle loop rustig van boom tot boom, hulle het die heel dag tyd. Na hierdie episode van die honderd vs die meervoud.... is ons harte nou broos en besluit ons om die Weeskinders te spoil vandag.... ons is lief vir hierdie kinders.Ons stop en koop sweets vir hulle...sommer n sak vol... hulle laaik die sentline soort.  So n jaar of wat terug vir hulle n nuwe huis/Dormitory gebou om in te bly. Wat n voorreg gewees om hulle te sien  oortrek uit hul ou riethuisie na die "luukse" huis.....



Al hierdie dinge sit ek toe en dink aan hoe God ons sien.... hy sien ons almal gelyk.....Jesus het ons almal gelyk gemaak deur Sy genade...elkeen van ons is 100% mens voor God.....jou hart is waaraan Hy belangstel. Jesus vul jou met wat jy nodig het... as jy in n huis woon waar jy net een lig het dan sal jy net n 100 nodig hê om krag te koop en dan is dit genoeg vir jou....

                  Almal se nood so verskillend
           maar almal se losprys presies dieselfde
               
                                 JESUS Christus
 

               Lewe in die LIG...
                  Leef n lewe van LIEFDE