...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Maandag 01 Junie 2015

Hoe skryf jy jou naam.. en hoe gebruik jy Sy Naam ...








 
Jinne dis nou nogal vir jou n vraag of tien hierdie...ek wou nou net n status op Facebook post wat sê: is dit vir julle ook erg wanneer jy n komiese dingetjie met iemand deel en hulle sien net nie die humor daarin nie en antwoord jou letterlik... gonnas dit kan nogal jou redelik plat laat voel..plat man plat...ek noem een dag aan n persoon dat sy bak so lekker ek kom oor vir koffie..maar sy is n vreemde dame ken haar van gn sout of water..lid  op een of ander forum, sy antwoord toe nee dis klaar vir iemand anders bedoel... oeps se ek , maar dan sal sy maar miskien biki by my moet kom afpak en dan bak ons dat die sop so spat, maar sy moet verstaan ek bly in Mozambiek....hie hie bedoelende met die grappie dat sy gaan biki ver van die huis wees... en nou nie regtig egtig nie, toe comment sy, dis nou nie eintlik iets wat waar sal kan kom nie te wete die feit dat sy in USA bly....maar ek meen??? julle catch my drift...die bedoeling was nie om feite uit te ruil nie......

Ek is van nature iemand wat probeer om eerder die positiewe van n situasie in te sien. Alhoewel dit deesdae net al hoe moeiliker word. Die Woord van God sê ons moet ligdraers in n donker wêreld wees. Ons leefstyl moet wys dat ons ontsag en eerbied het vir God.

Ons sit gisteraand en kyk die movie op TV maar wrintiewaar daar gaan net nie n vol sin verby sonder dat n persoon nie n skelwoord gebruik het nie. Ek dink as hul al die skelwoorde uitgesny het sou die film slegs n halfuur lank gewees het, want ja daar was wel baie moves in...ek het op die randjie van my stoel gesit..partykeer om sommer net te loop omdat hul so baie vloek en ander kere om weg te hardloop vir al die bloed. Oe en dan nie eens te praat van al die misbruik van onse Jesus se Naam nie ! Jinne ek kry my skoon dat ek vir die karakters begin bid!


Ons word met godslastering oordonder ! Dit wat in die verlede so onwettig was , word nou op TV en radio, in rolprente veral, in die media  en ook in tydskrifte oop en bloot aan ons voorgehou,  so alledaags. En die ergste is...dit blyk dat daar vandag n groot tekort aan Wysheid by die mensdom is , want ons aanvaar dit blindelings.  Wysheid begin by die dien van die Here...so nou vra ek dien ons nog die Here van die leerskare? Dit kruip so saggies in hier in ons huis, in ons families, ons kerk....dan praat ek nie van die gebou nie..Dit laat my wonder of ons ons hoop verloor het? Nou gryp elkeen na n kragwoord wanneer hy nie weet hoe om hom sterker uit te druk nie, want hy voel magteloos, hulpeloos... en dit gebeur meer gereeld. Gaan sit net een middag by n koffie winkel en hou die kinders in n Mall dop, gonnapiet hulle vloek soos matrose...en jy kan sien hoe harder hy aan die woord is hoe meer vloek hy en die storie verloop omtrent op die trant van..my Pa is beter en groter as jou Pa.....met die verskil meeste van hulle het nie meer daardie Vader figuur in die huis nie. 

Ek het een dag hier met n snaakse situasie te doen gekry. Hier in Mozambiek is Portugees die voertaal. Ons is Afrikaans...nou vind ons maar n middeweg met die internasionale taal genaamd Engels... Ook is hier nie veel hulp wat wel Engels magtig is nie en praat ons almal baie gebroke in die drie tale met mekaar. Vir n buitestaander klink dit maar baie sleg, maar ons kom oor die weg en aan die einde van elke dag gaan slaap almal rustig en die dagtake is afgehandel. So gebeur dit toe nou die dag dat my tuinman by my kom met die tuinvurk en ek sien dat dit gebreek het.  Ek sê toe...Boa(dit is sy naam) is it broken? .(.die vurk is in stukke)..No Senhora it is f@%#-Up. Yes I can see it is broken. NO MADAM it is not broken it is  F@%#-Up !.. toe eers verstaan ek.. die vurk is beyond repair !.. Nou ja..if something is broken you can fix it, but others you throw away.  Maar dis nou seker hoe hulle sê lost in translation. Dis wanneer ek vra Here gee Wysheid en Insig asseblief...Die taal kwessie maak dit vir ons ook moeilik... maar ons werk daaraan.....


What is the fruit of our words? Do they impart reconciliation, faith, love, joy, peace, and patience—the fruit of His Spirit? Do our words represent what the Lord is saying in that situation? Do they impart grace to those who hear them? If we are walking with God, they will, and we will also speak for Him.
Luke 6:45 The good man out of the good treasure of his heart brings forth what is good; and the evil man out of the evil treasure brings forth what is evil, for his mouth speaks from that which fills his heart.

OM GOD SE NAAM TE SKRYF....

Wanneer die Ou Testamentiese skrywers wat die Woord met die hand gekopieër het, het hulle dit met groot respek en eer gedoen. Hulle het Sy Naam geeer. Wanneer hul byvoorbeeld die Naam Jaweh moes skryf , het hulle opgestaan , hulself gaan was en nuwe skoon klere wat spesiaal vir hierdie doel opsy gesit is, aangetrek. Dan moes hulle eers bid, hul sondes bely en dan daardie Naam met n nuwe pen skryf. Om seker te maak dat die Skrifgeleerdes nie iets uitgelaat of iets bygevoeg het nie, moes hulle die letters en die woorde aan die einde van elke sin tel.
Elke keer wanneer die skrywer by een van God se Name kom - Elohim of El-Shaddai het hulle eers ophou skryf en hulle penne neergesit. Dan het hulle nuwe penne gevat en daardie Naam baie versigtig geskryf.

Het jy ook hoop verloor en gebruik nou kragwoorde omdat jy moedeloos is..vloek jy want dit is mos nie so erg nie..Jesus ken mos my hart....nee gaan vir goud, soek Wysheid..""Wysheid begin met die dien van die Here" Psalm 111:10 


So hoe skryf jy Sy Naam... Hoofletters..met respek?....

           Heelhartige aanbidding of wêreldse aanbidding......


  "Ons Vader wat in Hemel is,

                  laat U Naam geheilig word...." 
             
                           Matt 12:34


                         OMG = OMW
               Oh my God = Oh my Word....