...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Donderdag 18 Februarie 2016

Nuwe begin....nuwe Seisoen...

n Tyd om te kom en n tyd om te gaan....

Ek het al baie gedink oor die woorde van Prediker. Maar vandag voel ek dit aan my lyf...een van die vroeere tye wanneer ek daaroor dink is byvoorbeeld elke keer as ons so op die lang pad is...die vraag wat oor en oor gevra word in ons kar is..wat is die spoedgrens nou hierso? Nee gonnas ek weet nie met sekerheid nie. Ek onthou in my jong dae het die padtekens sommer soos bosluise op n hond se rug langs die pad gestaan. Nou is dit net die Speed Cops wat so gereed staan. Ons ry gereeld vanuit Mozambiek na ons Hartsland Suid Afrika...Jinne dis een van die lekkerste darem wanneer ons so oor die bultjie kom nadat ons so pas deur die Lebombo grens is...ons kan self met die Spoedmanne afrikaans praat...stop sommer by hulle net om te hoor hoe lyk die weer...hie hie nie regtig stop nie, maar wuif en ry net aan.. terug by die padtekens...Gonnas so een tekentjie wanneer die spoed verander is net nie genoeg nie. Sou jy dalk n vragmotor verbysteek en die spoedgrens padteken is nou juis daar waar die trok nou is dan mis jy dit en glo vir my vorentoe sit een van die ridders van die koeltebome. Dit voel al ons budget elke maand vir die briefies in die pos...en die ergste nooit ooit is ons spoed hemelhoog nie, dis altyd net daar waar die spoedgrens verander en ons moet rem. Ja jy lees reg... deesdae moet jy rem rem rem om betyds by die verminderde spoed te wees. vroeer jare is dit mooi uitgewerk dat jy maar net jou voet van die pedaal kan afhaal en jy sal dan binne die gegewe afstand die verminderde spoed wees....en dan sal die kamera opgestel wees net so na die 60km bordjie....wat nou van die reel/wet van 500m van die naaste spoedteken af kan die kamera eers opgestel wees om jou vir spoed vang? 

Goed while on the topic....ek het ookal gewonder oor hoekom word net die motors wat te vinnig ry afgetrek? jinne jy kan n ou motortjie of bakkiekie verbygaan wat nie ligte flikkers of selfs nie eens nommerplate op het nie en dan sal ek afgetrek word vir ...ligte aan in die dag....iewers klop die somme nie. Nou praat ek nie eens van onbeskofte padgebruik nie. oe jinne hier in Mozambiek maak hulle sommer gou-gou 4 bane waar daar net eintlik een baan hoort te wees....en gaan sommer links verby op die grond...nee dit gebeur nie omdat jy regs wil draai of dalk stadig nie nie...dit gebeur op spoed.

Maar ons is volgende week weer terug in SA. ...ja ja ek weeeet al die goete gebeur ook in SA, maar dis ok....ons reageer net op wat ons glo God se ons moet doen.

Ai al die koebaai sê maak my hart so seer. Ek laaik dit niks nie. Kan ek nie maar net terugry SA toe en sommer net op WhatsApp of email of selfs skype met al my dierbare vriende hier chat nie....nee dis nie goed vir closure nie. Ja en dit bring my ook by die ding van doen jy wat etiket of goeie maniere is, of doen jy wat jou hart en opregtheid jou lei om te doen. Groet jy iemand omdat jy rerig wil of is dit net goeie maniere? Dis n belangrike punt. Ons moet maar hieroor dink..

Alles wat ek nou doen is die laaste dit en die laaste dat....oppad na n nuwe seisoen of nuwe begin van ons lewe.....Aftrede..

Nooit het ek besef dat aftrede eintlik nie vir sissies is nie. Sjoegies daar is soveel om aan te dink en te bebid. Sovele maniere van redeneer en besluite....

Romeine 5 so van vers 3 af...

3Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. ; 4Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. ; 5En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. ; 6Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf.

Dit spreek mos nou van hoop..ek sien uit na dit wat God vir ons in stoor het. Aanpassings en verandering gaan gebeur, maar ek weet verseker niks gebeur per toeval nie, alles binne God se plan vir die wat Hom liefhet.....en omdat Hy my volmaak liefhet kan ek nou ook liefhê en met verwagting n die toekoms uitsien....

Die voorbereiding vir ons....eerstens moes ons baie vergewe en kan nou uitsien na ons toekomsverwagting....

Ons JUBEL IN JESUS....Dankie VADER....