...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Maandag 28 Maart 2016

Diens in SA...heerlike kuier in Mauritius.. en weer diens in SA??

Displaying 20160326_104540.jpg




Diens is nogal n GROOT woord deesdae...ek praat nie van die spelling nie, neeee ek praat van die werkwoord....

Ons het so pas teruggetrek Suid Afrika toe nadat ons amper 10 jaar in Mozambiek gewoon en werk het. In so n ander land wonder mens baie oor hul dienslewering, want dit verskil so hemelsbreed van die van jou eie grootword land...en dan aanvaar jy maar dis maar hoe Afrika werk. En dan sien jy so uit om na jou eie grootword land terug te keer, terwyl sovele jou aankyk asof jy laf is om daarna uit te sien...Maar ten minste kan ek hier in my eie taal die knoppies druk en roer. oeee en toe gebeur dit...Die knoppies is sticky !

Ons is gepak , oppad Mauritius toe saam met die kinders en kleinkinders….Almal ewe opgewonde . Die samesyn begin sommer so vroeg-vroeg al met eet…wat n voorreg. Goed met hierdie opgewonde vol gevoel betree ons OR Tambo lughawe..Mensdom wat het hier gebeur? Van dat ons hotel Shuttle ons afgelaai het, het ons geen maar geen aanduiding gekry van waarheen ons moet beweeg om wel by Mauritius uit te kom. Dankie tog vir hierdie klein portiertjie wat wel toe weet in watter rigting hy ons moet beduie. Maar nogsteeds is ons omgeskommel..ons loop in heel die verkeerde rigting..oppad Domestic toe, maar ons gaan international?? Ja Mam die SAA is almal doer saam. Even vir domestic of International..Maar nog steeds GEEN borde wat dit bevestig nie. Uiteindelik deur die scanners, nee wag nog nie heeltemal deur nie…my shampoo in my oornagtassie wat hand bagasie is, is te groot. Ek hou asem op vir my bottel parfuum wat net so groot in milliliters is..maar dit glip deur. Weet enige iemand wat gebeur met hierdie vol, halfvol of effens leërige bottels handeroom shampoo ..parfuum ens nadat dit in daardie houers wat se deksels sommer so skeef opgesit is?  Dis eintlik oop. Ek bid en vra maar dat dit na minderbevoorregtes gaan. Dieselfde tyd as wat die dame my shampoo vat, skree n vrou op my om nie te stamp nie. Sy het n snaakse aksent. Maar my! Ek haal my lelikste maniere uit en se vir haar ek stamp nie, sy sê toe ek doen…Oee toe is die vet antie effe moerig en se vir haar ag Sharrap!. Jinne ek voel bitter sleg hieroor en vra dadelik vergifnis en bid en voel weer sleg. Nou nog net Passpoorte stamp..oe ek wen die prys van n trainee..en sy stamp sommer my paspoort op n nuwe blaadjie terwyl daar nog plek op die vorige bladsy is. Ek weet mos hoe moet hul stamp want vir n hele paar jare is ek vele kere deur n grenspos van Mozambiek na SA..ten minste een of twee keer per maand. Jou paspoort se bladsytjies moet spaarsamig gebruik word want om vir nuwe een aansoek te doen is weer n diens storie. Dan klim ons op die êrrie…n SAL ene. Lekker snoesig sit ek en manlief voor inni Vliegtuig..en hier stap die vrou met die aksent ook in en kom sit ook hier voor inni êrrie. Ek sak sommer so af in my stoel. Hul is ook n groot groep. Maar ek weet verseker ek het NIE gestamp en stoot nie. Dis alweer tyd vir eet..die Lugwaardin deel die spyskaarte uit en daar is vele opsies om van te kies… Gonnas maar dit lyk so lekker. Na n hele rukkie van besluit wat om te eet, kom vra die dame wat ek wil eet? Ek sal graag met die Seasonal Salad wil begin, en dan die lekker hoendertjie met nog n keuse van kase en beskuitjies…Jammer mevrou ons het net die Crab salad en….en so is die begin van dienslewering in SA.

Ons land in Mauritius en whalla hul het n nuwe Lughawe. Laas keer toe was dit sommer so klein mislikke geboutjie en custom mense…maar vandag voel ons welkom om hierdie land te besoek. Pragtig is als in Engels sowel as Frans aangedui op hul kennisgewingsborde. Dit is so lekker om nie te verdwaal op n lughawe nie. Ons is stryt reguit na die bussie wat ons na ons Hotel toe neem. Stiptelik op tyd. Ek laaik dit. Die hotel is mooi en die mense vriendelik. Hierdie vakansie is sommer al klaar lekker. n Hele week van eet swem slaap eet swem slaap…snorkel, shop en ski. En dan eet ons weer. Elke aand is daar verskillende temas..en die kosse van daardie land..jinne die kilos is ook sommer so saam aan die lyf…maar ons geniet onsself. Die kleinkinders is pootuit saans, om nie te praat van hierdie Oumie en Oupie nie. Pê. Die diens hier is puik...ook die kidz speel voluit

Die week is lekker lank en ons is dankbaar. Dis tyd vir wasgoed laat was en tasse pak. Oppad terug na SA. Ons “hartsland”??

Heerlik rustig sit ons weer voor inni êrrie. Al weer het iemand vergeet om slaaiblare ens te gaan koop want net n halwe menu weer beskikbaar. Dis maar ok. Ben sit en teug aan so glasie rooiwyn toe die hoofmaal bedien word. O jinne die lugwaardin mors daardie hele glas rooiwyn op my ..vinnig is al wat n waardin daar om te help om al die kolle rooiwyn uit my klere te was met Sodawater. Vrek die cooldrink is yskoud. Die vlekke is halstarrig. Ek het wit aangehad!!! My klere is nou gespikkel en ek ruik ook gespikkel. ..en ekke drink niks sterker as Coke Light nie. Wat n grap. Ons gaan staan toe ewe geduldig in die ry vir Customs en wrintie so waar as wragtig het ek weer n probleem met die dame agter die toonbank..ek vra vir haar asseblief stamp my paspoort se eerste blaadjie eers vol of miskien dan nou op die volgende bladsy wat alreeds gestamp is met die gaan na Mauritius. Nee se sy sy ken haar werk , haar stempel mag nie aan ander raak nie en sy blaai so wragtig om na weer n skoon bladsy. Ek se nee stop, kyk terug in my paspoort daar is gemiddeld tien stamps op n bladsy. Jinne en dis toe dat sy vir my se sy ken haar werk ek moet oppas. So beteken dit dan nou dat ek wat n maxi paspoort het net 64 keer gestamp kan word en dan weer aansoek moet doen vir nuwe een??? Nee dit kan nie so werk nie. EK hoor toe dat die persone wat by die hokkie langs myne staan..ook besig om te verduidelik of redeneer…en hulle is nie Suid Afrikaners nie! Wat gaan aan? Toe ons die kinders weer by die carousel, band met ons bagasie kry, toe kla hul ook dat een van hul sitplekke stukkend was en dat sy sooo ongemaklik gesit het. Ook hulle kossies was maar deurmekaar gewees. Hul vra vir Chicken en dan kry hul Beef…o nee vrek hoe lank nog…maar nog is dit einde niet …ons moet weer die rigting uit die lughawe kry tot by die bus terminal waar die hotel se shuttle ons kom haal…ons het op en af en weer op gery in hysbak om net naastenby by n deur uit te kom….

Die Hotel …ons het lekker geslaap..die volgende oggend weer terug lughawe toe, maar hierdie keer reguit na die regte plek en lounge toe….ons vlug nommer was BA9999…en nie SA9999 nie. Ons het uitgerus in Durban aangekom.

Ek dink ek verstaan nou hoekom die Guptas liewer self vlieg…en by die agterdeur van die lughawe inkom…..

Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in ’n goeie lig stel. 9Ek stel mos vir julle ’n goeie voorbeeld. Ek het baie dinge vir julle vertel. Julle het baie by my geleer. Wat julle my gesien doen en gehoor sê het, moet julle net so doen en sê. God sal julle nie los nie. Hy sal by julle bly. By Hom sal julle veilig en gelukkig voel.  
   Fillipense 4:8-9