Hoe swaar weeg dit nog om te dink voor jy iets se ? Partymense kan net oorborrel en oorstroom met wat hul wil se, uitlatings maak en dit voel asof almal net of dit aanvaar of stilbly of maar Gods water oor Gods akker laat loop...nee vrek dit wat ek te se het moet seker baie belangrik geag wees, want laat ek net my mening of opinie lug en woerts warts en ek is in die warm water..
Hoe werk die vryheid van spraak nou in Suid Afrika? is dit veronderstel om vir almal dieselfde voordele in te hou?..Neee ..party mag en ander nie...ek weet nie watter wie mag en watter wie nie.... of is dit individuals? Even op social media...gonnas mense kan gou aanstoot neem. Maar ander kan vrot taal gebruik ek bedoel vloek en meeste like dit of se jinne dis nou oulik,..hoe bepaal ek nou wat ek mag comment en wat moet ek liefs los. Ek sien bv sovele dingetjies raak maar wag dan so rukkie alvorens ek iets sal noem net sodat die spesifiekes tog net nie offended voel nie. Mense LEES ook nie meer wat daar geSKRYF is nie...hulle woerts warts so oor die teks en besluit dan self wat daar staan...en neem dan aanstoot....
Maar so ry ek die afgelope maand drie keer per week vanaf huis na n groter dorp toe vir behandeling. Wat n toets vir my...ek moet oggend spitstyd deur Durban verkeer ...dis nou die snelweg..ry. Oeee ek was nie n happy chappy nie. Sal jy my glo as ek jou se daar ry n Vespa Scooter in die vinnigste baan..vir die wat nie weet nie dis die heel regterkantste baan van 4 bane op die snelweg...vir my lyk dit asof hy heel rustig ry, maar toe ek na n frustrerende paar minute wel links gaan en hom verbysteek toe sien ek..ne die mannetjie dink ek is volspoed..maar in verkeerde baan. O vrek ek moes maar net smile. Groot trokke wat ook in baan nr 3 ry en dan soo sukkel om die opdraendes by te hou met die spoedgrens, maar oorbeweeg na die linkerbaan is nie n opsie nie...so die linkerkanste baan is nou die vinnige ene....
En nou land ekke tussen die blink mense...ek het die regte kar maar beslis nie die regte lyf nie. . Ek het nie n brons lyfie nie. O ja en dan glimlag ek maklik. Ek sit so in die koffiewinkel en drink my R70 koppie koffie...kyk natuurlik almal op en af..gonnas dis mooi mense...
Terug op die snelweg...daar bestaan nie so iets soos karre met flikkerligte nie asook wonder ek toe of die padreels verander het in terme van die volgafstand...ek kan nie waag om n afstand te hou tussen my en kar voor my nie, dan peul daar n kar of kombi in...en die kar agter my is ek ook nie seker of hy dalk sy ligte aan het of nie , want ek sien nie sy ligte nie. Hy te naby aan my. Ek het lankgenoeg in Mozambiek gewoon om nie bang te wees in sulke verkeer nie, asook het ek geleer om my venster af te draai en vinger te wys wat se back off....net een vinger..my wysvinger.. en ja ek moet die venster afrol want hul sien nie as ek die vinger in die spieeltjie wys nie want die venster tint laat dit nie toe nie...
Ek verstaan nou die grappie van die seuntjie wat se hy hou daarvan as sy Ouma hom skooltoe ry eerder as sy Oupa, want daar is minder blinde B$&@sems en dowe d@&$rs..
Op my pad was hierdie maand net baie Vespas...
“’n Slegte humeur maak ander gou kwaad. Geduld en sagmoedigheid maak mense rustig en kalm.”
Spreuke 15:18 DB
ns....Vader ek bid vir n sagmoedige hart....Dankie Heer....