...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Donderdag 13 Julie 2017

Seisoen nommer drie(3).. Hannelie...

My blog se naam is Vier Seisoene....ons is 4 susters en elkeen is n seisoen...(soos beskryf deur n baie goeie vriend van ons Jannie)...Hannelie is ook dan die derde sussie en dus seisoen 3...Hier is haar stukkie wat sy vandag met ons wil deel...
Image result for Fillipense 4 :13


Hoe word winter beskryf?  Dit is die koudste van die 4 seisoene, Ek het vir Jannie gevra hoekom hy nou eintlik my gesien het as winter  - is ek dan so koue hartelose persoon – en sy antwoord aan my was “ ek kyk  in die verkeerde konteks daarna. Hoekom dan die winter seisoen ?,   Ek het n warm persoonlikheid. In die winter is alles koud buite  en in die huis is dit lekker warm en snoesig en my buite koue is eintlik net die feit dat ek alles binne hou. Ek is persoon wat nie maklik uiting gee en verwerk alles self binne in my. Dit maak toe sin. Ek sê altyd ek huil binne in.
Van kleins-af was ek maar die stil sussie wat nie eintlik maatjies gehad het op skool maar het wel 2 of 3 maatjies gehad waaraan ek my gebind het. Ek het net gevoel dan kan ek soveel kwaliteit aandag gee as wat daar honderde maatjies is- is dit nie maar hoe dit werk as jy mense oornooi vir braai?  As daar so klomp is, met wie gesels jy of spandeer jy 5 minute by die een en wip na die volgende een toe.
My introvert geaardheid is seker wat my staande gehou het deur my lewe sover.Op die ouderdom van 13jr is my ma oorlede en dit was vir my groot groot hartseer. Ek kan nie veel onthou van voor my ma se dood, dis asof my brein die hartseer weggebêre het tot eendag wat ek reg is om daarmee te deel.27 jaar later is my pa oorlede en was dit vir my groter hartseer, nie omdat ek meer van my pa gehou het maar het hom vir 40 jaar in my lewe gehad.Ek wil glo hy het vir my ‘n sagte plekkie gehad maar wil elke kind nie maar so dink oor hul ouers nie?
Henk word toe baie siek en het konstant geveg vir asem.Kan ek daardie vrees  wat in jou opvlam as jy jou man so sien, aan iemand beskryf? NEE ek kan nie !In daardie stadiums word jou geloof net sterker en sterker. Henk moes toe gaan vir dubbel longoorplanting – daai intense gevoel is baie baie moeilik om met mense te deel. Mens moet aangaan met jou daaglikse take en bekommernisse bo die bekommernis oor Henk.Dit was vir my so moeilike tyd in my lewe, maar as ek die klok kon terugdraai en dit weer oorhê, sou ek dit n duisend maal oordoen. Gedurende daai tyd het ek gedink mense is selfsugtig of so iets maar  almal  vra altyd hoe dit met die pasiënt gaan en vir jou sal hulle sê..Sterkte, laat weet as ek iets kan doen…kragtie – as jy regtig iets wou doen sou jy vir my kos gebring het om die daaglikse huispligte ligter te maak omdat ek met Henk en werk ook moes deal (om net voorbeeld te gee)Ek het ook ondersteuning nodig gehad om met alles te cope.Die kinders het hard probeer. Die band tussen my en Henk het net sterker en sterker geword. Julle ek het gesuffer maar hier sit ek vandag en kyk terug en dink…daardie tye wat ek net gevoel het ek kan nie meer, het die engeltjies my gedra– skuus engele want ek is mos nou nie  petite nie.Toe gebeur daar nog soveel dinge met Henk en ek moes net doodeenvoudig sterk staan, daar is nie ander uitweg.Soos Karlien sing…”Ëk sal kaalvoet loop, oor die berge….”, wel ek en Henk sal kaalvoet loop oor die berge vir mekaar en ons gesin. Daar was dae wat ek net wou weghardloop want dit het gevoel ek weet nie hoe om met al die aanslae in Henk se lewe te deal nie, maar dan het ek net weereens besef wat ons troubelofte aan mekaar was…In sickness and in health…
Vir lank het ek ander werk gesoek met minder stress ens maar kon net nie kry nie.Op 20 November 2013 staan ek op en het soveel vrede in my en bedank .Ek het gevoel ek moet Janus se laaste 2 jaar op skool by die huis wees vir hom.Henk kry toe nog operasie en na paar maande is daar komplikasies en draai hy letterlik by die dood om.Ek was by die huis om hom te versorg en ons het die tyd saam soveel bymekaar geleer en waardering vir mekaar het net weer tot ons deurgedring.Twee jaar by die huis toe kry ek oproep of ek kontrak werk sal doen. Ek was reg om weer te werk.My gesin was almal op hulle voete en die tyd was reg.Eendag toe besef ek hoekom het ek eintlik opgehou werk.Die Here het my pad voorberei want Henk het my nodig gehad, ek sou dit nie kon doen as ek gewerk het nie.Die Here het my weereens laat besef…in sickness and in health.
Ek was nog altyd persoon wat tog net die vrede wil bewaar en as ek net iemand gelukkig kan maak is ek in my 7de hemel maar na Henk se operasies kyk jy terug en besef hoe Groot God ons dien.Wonderwerke gebeur !! Uit daardie dankbaarheid word iets nuuts gebore en wil ek net nog meer goed doen vir mense.Daar is geen lekkerder gevoel as jy vir  iemand iets doen of gee en jy sien daardie gesig….. Noem dit  my pay-it-forward oomblikke….geen erkenning , bybedoelings of dit uit te basuin!   Dit is teenstrydig met my en die woord
Henk en ek  sê seker 10 keer per dag ons is lief vir mekaar. Alhoewel ons mekaar elkeen sy spasie in die lewe gee, doen ons nie dinge apart. Ons het ‘n hekel aan weggaan sonder die ander een.Party mense sal dink, dis stupid, maar dis hoe ons dit doen.Ander sal sê nee man jy het die tyd nodig….ekskuus…tyd nodig van wat ?Ek glo , nee ek weet, my en Henk se verhouding is so sterk omdat ons ‘n span is.Ons vlam nie op teenoor mekaar oor iets wat die ander een doen maar ons laat mekaar toe om hulself te wees. Ek is baie baie lief vir sjokolade en weet dit maak mos vreeslik vet, maar Henk sal nooit sê hy dink ek moet stadig en so ook sal ek  nooit Henk aanvat as hy so busy body is en alles wil regmaak en opruim al kan sy liggaam dit nie meer doen nie of glasie rooiwyn saam vriende geniet
Kyk ek na my kinders, sien ek iets van Henk en iets van myself in elkeen van hulle en laat nooit buite rekening dat hulle hul eie persoonlikheid het. Ek kan nie verwag dat hulle moet wees en dink soos ons twee, alhoewel mens soms hulle net wil vasgryp en sê….maak so en so.Hulle het hul eie lewe waarin hulle hul eie foute moet maak en ek sal altyd daarwees om hul bytestaan maar besef ek kan nie voorskryf hoe hulle dinge in die lewe moet aanpak…ek kan hulle net leiding gee.Ek hanteer elke kind anders omdat al 3 my kinders se persoonlikhede verskil.Janien is die “detail’ kind  waar Tonie is die teddiebeer kind. Janus is die avontuurlustige kind.Vra vir elkeen dieselfde vraag en jy kry dieselfde antwoord maar dit word op 3 verskillende maniere benader.
Ek is  50jaar oud en ek Love dit.!! Soveel dinge het in hierdie  50  jaar gebeur en  al het ek soveel  skete , gaan ek nie lê nie.  “Bou ‘n bruggie en kom daaroor”.
Omdat my rug, knie of heup seer is beteken nie ek moet nou couch potatoe word nie. Kry jou positiewe denke uit hulle boksie wat jy in jou kas bêre en gaan aan.
Ek en Henk is so dankbaar vir elke dag wat die Here aan ons lewe toevoeg en glo om dit met positiewe denke aan te pak. Deur te sit en sulk gaan dit nie verdwyn of beter word.
Dit wat gister gebeur het is verby en jy kan niks daaraan doen nie. More kom nog en ons weet nie wat voorlê. Vandag is hier en ons doen en leef dit ten volle en geniet dit sodat ons more ‘n mooi gister kan hê.
Fillipense 4:13
Ek wil graag ook net deel van my spesiale vriendskap  met Anne-Karien wat saam my werk.Ons stap elke dag om die gebou en gesels dan oor ditjies en datjies en ruil gedagtes en raad uit.So spot ons eendag ons moet ‘n boek skryf oor haar idees en my idees van kos maak tot geskenk pakkies versier, hoe om spesiale dingetjies vir jou gesin te doen ens. Sy noem my Lie en ek noem haar Mie en dink toe dat die boek se naam Mie-Lie Pit (die pit is Tip agteruit gespel) moet wees. Ek was so opgewonde en gee haar toe ‘n boek waarop geskryf is “Mie-Lie Pit” waarin sy haar tips kan vaslê en as ek julle kan vertel watse gevoel dit was daardie oggend toe en daardie boek vir haar gee en ek haar gesig kon sien toe sy daardie boks oopmaak en die boek sien….priceless.
Liefde

Hannelie, Hantie, Hannapatat,Lie, Mientje, Lovey, mamma, schonezuster

Image result for Fillipense 4 :13

Vrydag 26 Mei 2017

one ply, 2 ply...3 ply..and the same amount of sheets??




Image result for toilet paper
Wat sal ek nou sê...hoeveel lae is nou die beste....ek weet verseker watter is die duurste, maar het my mind opgemaak dat dit nie altyd beste deal is nie...die eindproduk is wat tel!

Toe ek so rukkie gelede die advertensie op TV gesien oor die wet wipes wat gebruik moet word in plaas van toiletpapier of nadat toiletpapier gebruik is, toe het ek nogal skepties my neus opgetrek vir hierdie advert... nee sies man..ga..MAAR dit het my toe begin irriteer om te weet watter papier of lae die beste is. Kan iets wat jy eintlik in die drein afgooi nou so belangrik wees...inderdaad ja...dit wil vir my voorkom asof hoe meer lae hoe sagter is die papier en word effektiwiteit ingeboet. Jaa tot op n punt want gaan jy dan minder lae na die One Ply kry jy weer soveel gate en frommels in die papier dat dit amper nie die moeite werd is om enigsins papier te gebruik nie...kon net sowel n hand vol konfetti gebruik het..dit werk nie. Die rolletjie kan net 2 maal gebruik word dan is dit klaar...twee handevol konfetti en die rol is op. 
die sagter 2 tot 3 ply .. is sag op die wange maar oi oi dit los soveel konfetti agter ..net n goeie stort kan nou die saak oplos....wet wipes?? of is dit n plumber se nagmerrie? ek weet nie...dit bly my irritasie...en o ja ek wou nog vra ook..die aantal sheets wat aangedui word...het jy al dit getel?

Dit het my laat dink aan die lewe.. Met hoeveel lae leef jy? hang af van waar jy jou bevind watter laag of lae jy opsit. oeee by die grênd mense het jy nogals n paar lae nodig..jy moet blink man! ..en dan is daar die laag van shopping..dis nou net so neutrale outjie..hy kan instantly verander na n ander lagie indien nodig. o ja en dan is daar die moeg en lus vir niks lagie. Ek het so n peach kleur japon by my Ma ge erf toe sy die dag oorlede is. Dis so dikke, maar hiedie kleur het my laat verdwyn..ek lyk moeg, siek en amper op die randjie van n opeenhoping as ek die dag hierdie japon aantrek. Nou moet ek se dis al klaar n eye opener as ek die dag n japon aantrek..my pajamas maak meer toe as my swembroek, nou hoekom sal ek dan nou n japon ook bo oor aantrek? so wanneer ek die dag dan nou in n japon verskyn..?.en nou ..iets fout?? jip net die reaksie waarvoor ek gewag het! So het ek weggekom uit funksies wat ek moes bywoon of selfs n kerkdiens...en ek is lief vir Jesus, maar daar was dae en tye wat ek nie die diens kon face nie. Terug na die lagies... dit was een van my lagies. n Ander lagie was eendag toe ons saam grênd mense uitgegaan het en ek geblink het van my lagies....en toe jeuk my oor en ek kon nie anders as om my vinger in my oor te steek om hom te wikkelkrap nie, vrek waar is my plastic nael?..in my oor !..ek kry hom nie uit nie!!.. aan etenstafel en ek het kort hare en die nael is rooi....ek moes die blink lagie afskilfer....ek was nie wie Jesus my gemaak het om te wees nie !

Ons almal loop heeldag met sulke lagies of maskers op...Gedorie.. in die lewe is ons bedoel om sonder lagies te wees. Hoe minder hoe beter..dis eintlik net toiletpapier wat n lagie probleem moet wees....leef vry sonder lagies sonder sheets....

Dankie Jesus dat ons kan wees wie ons is in Jesus...ek loof U daarvoor.

WIE EK IN CHRISTUS IS:

Ek is aanvaar….
- Ek is ‘n kind van God (Joh 1:12)
- As ‘n dissipel is ek ‘n vriend van Jesus (Joh 15:15)
- Ek is geregverdig/verskoon (Rom 5:1)
- Ek is verenig met die Here en ek is een met Hom in gees (1Kor 6:17)
- Ek is gekoop met ‘n prys en behoort aan God (1Kor 6:19-20)
- Ek is ‘n lid van Christus se liggaam (1Kor 12:27)
- Ek is uitverkies deur God en aangeneem as Sy kind (Ef 1:3-8)
- Ek is vrygekoop/verlos en vergewe van al my sondes (Kol 1:13-14)
- Ek is volmaak in Christus (Kol 2:9-10)
- Ek het direkte toegang tot die troon van genade deur Jesus Christus (Heb 4:14-16)


Image result for toilet paper