...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...
Vrydag 26 Mei 2017
one ply, 2 ply...3 ply..and the same amount of sheets??
Wat sal ek nou sê...hoeveel lae is nou die beste....ek weet verseker watter is die duurste, maar het my mind opgemaak dat dit nie altyd beste deal is nie...die eindproduk is wat tel!
Toe ek so rukkie gelede die advertensie op TV gesien oor die wet wipes wat gebruik moet word in plaas van toiletpapier of nadat toiletpapier gebruik is, toe het ek nogal skepties my neus opgetrek vir hierdie advert... nee sies man..ga..MAAR dit het my toe begin irriteer om te weet watter papier of lae die beste is. Kan iets wat jy eintlik in die drein afgooi nou so belangrik wees...inderdaad ja...dit wil vir my voorkom asof hoe meer lae hoe sagter is die papier en word effektiwiteit ingeboet. Jaa tot op n punt want gaan jy dan minder lae na die One Ply kry jy weer soveel gate en frommels in die papier dat dit amper nie die moeite werd is om enigsins papier te gebruik nie...kon net sowel n hand vol konfetti gebruik het..dit werk nie. Die rolletjie kan net 2 maal gebruik word dan is dit klaar...twee handevol konfetti en die rol is op.
die sagter 2 tot 3 ply .. is sag op die wange maar oi oi dit los soveel konfetti agter ..net n goeie stort kan nou die saak oplos....wet wipes?? of is dit n plumber se nagmerrie? ek weet nie...dit bly my irritasie...en o ja ek wou nog vra ook..die aantal sheets wat aangedui word...het jy al dit getel?
Dit het my laat dink aan die lewe.. Met hoeveel lae leef jy? hang af van waar jy jou bevind watter laag of lae jy opsit. oeee by die grênd mense het jy nogals n paar lae nodig..jy moet blink man! ..en dan is daar die laag van shopping..dis nou net so neutrale outjie..hy kan instantly verander na n ander lagie indien nodig. o ja en dan is daar die moeg en lus vir niks lagie. Ek het so n peach kleur japon by my Ma ge erf toe sy die dag oorlede is. Dis so dikke, maar hiedie kleur het my laat verdwyn..ek lyk moeg, siek en amper op die randjie van n opeenhoping as ek die dag hierdie japon aantrek. Nou moet ek se dis al klaar n eye opener as ek die dag n japon aantrek..my pajamas maak meer toe as my swembroek, nou hoekom sal ek dan nou n japon ook bo oor aantrek? so wanneer ek die dag dan nou in n japon verskyn..?.en nou ..iets fout?? jip net die reaksie waarvoor ek gewag het! So het ek weggekom uit funksies wat ek moes bywoon of selfs n kerkdiens...en ek is lief vir Jesus, maar daar was dae en tye wat ek nie die diens kon face nie. Terug na die lagies... dit was een van my lagies. n Ander lagie was eendag toe ons saam grênd mense uitgegaan het en ek geblink het van my lagies....en toe jeuk my oor en ek kon nie anders as om my vinger in my oor te steek om hom te wikkelkrap nie, vrek waar is my plastic nael?..in my oor !..ek kry hom nie uit nie!!.. aan etenstafel en ek het kort hare en die nael is rooi....ek moes die blink lagie afskilfer....ek was nie wie Jesus my gemaak het om te wees nie !
Ons almal loop heeldag met sulke lagies of maskers op...Gedorie.. in die lewe is ons bedoel om sonder lagies te wees. Hoe minder hoe beter..dis eintlik net toiletpapier wat n lagie probleem moet wees....leef vry sonder lagies sonder sheets....
Dankie Jesus dat ons kan wees wie ons is in Jesus...ek loof U daarvoor.
WIE EK IN CHRISTUS IS:
Ek is aanvaar….
- Ek is ‘n kind van God (Joh 1:12)
- As ‘n dissipel is ek ‘n vriend van Jesus (Joh 15:15)
- Ek is geregverdig/verskoon (Rom 5:1)
- Ek is verenig met die Here en ek is een met Hom in gees (1Kor 6:17)
- Ek is gekoop met ‘n prys en behoort aan God (1Kor 6:19-20)
- Ek is ‘n lid van Christus se liggaam (1Kor 12:27)
- Ek is uitverkies deur God en aangeneem as Sy kind (Ef 1:3-8)
- Ek is vrygekoop/verlos en vergewe van al my sondes (Kol 1:13-14)
- Ek is volmaak in Christus (Kol 2:9-10)
- Ek het direkte toegang tot die troon van genade deur Jesus Christus (Heb 4:14-16)
Teken in op:
Plasings (Atom)