...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...
Vrydag 27 Julie 2018
Om te reis of nie te reis nie....
Eish... as jy my vandag vra sê ekke nee ek hou nie van reis nie....maar dis maar iets wat ek net aan gewoond sal moet raak ..ons het vêrbly kinders en kleinkinders ..
Als begin al by die reelings en om vlugte te boek...net soos jy dink al jou eendjies stap mooi in n ry dan kom die eerste klip deur...die vlug moet skuif of 2 vlugte is saamgegooi..als lyk of dit kan werk dan sien jy maar o gaats my aansluitingsvlug ..ek gaan nie genoeg tyd he om in te boek my bagasie af te gee en dan ook rustig na my opklim hek toe beweeg nie...ek moet hardloop..ek kan nie ! Eerstens as ek aan die draf kom , dan weet ek nie presies watter kant toe om te draf nie...ken nie die lughawe nie. Om hulp te vra ook nie so suksesvol nie...uiteindelik kom ons by die hek aan en sien niemand daar wat wag om te board nie. Het ons dit nou so gemis of wat nou? gaan vra by die hek net om te hoor ons moet nog so entjie draf want die opklim hekke het verander intussen..seker het hul dit afgekondig , maar nou ja ek kan geen woord hoor wat hul se nie, ek probeer luister maar dis net n geraas en geen verstaanbare klank kom tot by my ore nie. uiteindelik..die regte hek...hier sit al n klompie senuweeagtige mense..of is hul geirriteerd?
Hoe wonderlik ek hoef nie nog te draf vir n plek op die vliegtuig nie, dis reeds gedoen. So loop ek af in die gangetjie tot by ry 18 , ek en my man sit sitplek A en B...so in spanning wag ons om te sien wie kom sit in sitplek C..eintlik kan ons tweekies al drie sitplekke gebruik aangesien nie een van ons n fyn beenstruktuur het nie. Nee ons is vet en vriendelik. Darem n fyn geboude girlie wat kom sit. Ag nee die mense voor ons het hulself klaar gerieflik gemaak vir hierdie 2 ure vlug..sitplekke agtertoe gegooi en probeer nou rustigheid kry hier op ons skote. Hul gaan n probleem he as ons die snackies en water begin nuttig...om te vra dat hul opsit help nie, hul praat Russies en is baie gebrekkig om engels te verstaan boonop. Dankie tog vir n lugwaardin. Chicken or beef? Dankie maar net n biltong snackie sal genoeg wees. O nee my wereld ek weet nie hoe en wie ontwerp die sitplekke van die vliegtuig nie...Dis eerstens ongemaklik knap asook waarom moet dit afslaan? ek persoonlik dink hul kan die kos op die vlugte maar skip en net snackies en drinkgoedjies bedien.of niks?
Ons aansluitings vlug het verander..dis nou n uur vroeer so ons moet alweer draf!..vrek plakkies draf nie so vinnig nie.
Ons kuiertjie by ons kinders was baie lekker. Hul het ons bederf sommer so uit ons sokkies uit...sommer weer lekker om gerieflik en gemaklik te bly..
Nou moet ons weer terugreis..Same shproblems, but different day.
Hier is ons nou terug in ons gemaklike huis. 2 weke gaan verby en my man vra my wat dink ek daarvan ons gaan blomme kyk? alweer reis?? jip. Ek wonder nog so of die blommetjies hierdie jaar hul koppies gaan uitsteek aangesien dit so n droogte is, en ja hier sien ek wrintiewaar n foto op Facebook van hoe pragtig die blommetjies blom..n tapyt van vreugde..so dis bevestig ons gaan.
Wat n vreugde dus om wel te kan reis, daar is sovele wat nog nooit in hul hele lewe eens hul dorp verlaat het nie... en ek kla oor die vliegtuig se sitplek.
Dankie Heer vir U voorsiening en versorging...ek eer U.
Donderdag 22 Maart 2018
Terugkyk....hoe laat dit jou voel?
Kyk vorentoe..! Fisies is dit deesdae vir my moeilik om sommer net my nek te draai en agtertoe te kyk...ek hoor kraak geluide asook partykeer daardie pyn wat so deur jou kop skiet. Het dit al vir die GP genoem dan sê hy net ja dis maar oud word??..rerig? Ek besef dat ouer mense is tawwe mense...vir die hoeveelheid pyne en geite kla hul dan maar min. Of miskien het ek toe ek jonger was nie altyd ingestel gewees op die klagtes nie. Altyd gedink ek is of was nog altyd n persoon met n sensitiewe gees. Maar lyk my ek skiet te kort. Ek werk daaraan.
Daar is net sovele positiewe dinge waarna ek kan terugkyk. Tye wat die een ry spore daar was en tye wat ek saam Jesus gehuppel en gedans het..oral spore. Daar is dinge wat ek regret en wens ek kan oordoen..maar een ding het ek altyd onthou wat my Ma vir my gese het..Ina hou jou naam skoon, want dis die een ding wat jy nou nie kan was nie. Dankie Mamma. So my naam glo ek is skoon.
Wat ek wel ook geleer het is dat wanneer die stemmetjie hier binne jou se : NEE , dan moet jy luister. Dis nie so n klein stemmetjie soos wat ons dink nie, dis een GROOT stem. Telkemale al my vasgeloop of skuldgevoel wat ek vir laaank saamgedra het. Ek het vir baie jare van my jong lewe gesing en saam skool orkes opgetree en selfs getoer. Ek het goue sertifikate vir sang, hier en daar n silwer , maar die papiertjies blink. Toe ek ook baie jare terug getrou het , het ek so rukkie aangegaan om te sing, maar dit het moeiliker geraak met kinders en n man en en en.. So kry ek n whatsapp van my sus af en se sy het gereel dat ons 4 sussies n CD kan opneem. My droom was nog altyd dat my kinders my moet hoor sing. Elkeen v ons sussies het ons afsonderlike drome gehad wat perform betref. Ek was aanvanklik vrek opgewonde, maar het wel besef dat ek 38jaar laas gesing het. Ek bedoel nou op verhoog met mikrofoon ens. Ook is die tyd wat ek gegun word om te oefen baie min. Ek dink iets soos n maand?? Ek het gesukkel. My liedjies wat ek wou sing moes ek die woorde weer soek. Die agtergrond musiek moes ek source..Jinne ek het gewonder wat dink die bure in die nuwe dorp waar ons ingetrek het, wat gaan aan by die huis want ek het groot gegaan met die oefen. Een dag toe kom Ben (dis my hubby) en hy sê.. Ek kan hoor jy het darem nog jou pype. Maar my asem is min. Ek begin siek word. Brongitis en asma. Daardie naweek ry ons toe deur Pretoria toe om die Saterdag oggend ateljee toe te gaan. Oee die sussies almal opgewonde en die senuwees knaag. Uiteindelik toe my beurt. o vrek hier raak ek toe aan die huil. Ek kan voel hoe sukkel my stem. My bors trek toe. Een van my sussies se ag nee man jy is net op jou senuwees. Maar ek weet diep binne my ..dis die verkeerde ding. Ek kan nie perform soos wat ek WEET ek altyd kon nie. So is die dag verby en ons kuier verder. Na n paar weke toe kom die CD aan... dis nou nie afgerond soos ander nie en ek voel ongemaklik daaroor. Nou ja nou hoor my kinders nog steeds nie rerig wat ek wel gedoen het jare terug nie. Ek wil nie die CD vir hul speel nie alhoewel ek weet my sussies het dit dalk al vir hul gespeel...en ek regret die feit dat ek ja gese het. Die stem binne my ..ek moet luister. Dit was die begeerte binne my waarna ek geluister het. Ek bid om hier verby te kom. Dis sleg wanneer jy weet dat jy weet jy kan beter...alhoewel ek glo ek het my beste gegee daardie dag...en nou praat ek nie uit n oogpunt van perfection nie, want dit het ek laaankal geleer by die voete van Jesus. Net Hy kan perfeksie doen, ons moet streef na EXCELLENCE.(uitmuntendheid)..
Ek wil graag fokus op die positiewe dinge wanneer ek so terugkyk...goed om te weet ons stap op roete en plan. Lekker om te weet ons is geseend. nee ek praat nie van die materieele nie , ook nie finansies of enige ander iets as net Jesus se onvoorwaardelike liefde en dat Hy my lief het, want dis wie ek is....terugkyk is n luukse.. wat n voorreg.

Om positief terug te kyk en die luukse te besef, dit gee hoop vir die pad vorentoe. Ek lees in Romeine 5.."Deur ons geloof het Hy gesorg dat ons nou in ’n splinternuwe verhouding met God staan. Ons leef nou dag vir dag net uit sy goedheid. Daarom is ons baie bly en opgewonde. Want ons weet dat God se nuwe wêreld op ons wag. Daar sal ons sy heerlikheid sien.
3Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe. Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou. 4En wanneer ons onverskrokke op God vertrou, help dit ons om ’n sterk Christelike karakter te vorm. En ’n sterk Christelike karakter maak dat ons deur dik en dun glo dat God se nuwe wêreld op ons wag. 5Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde. Dit doen Hy deur die Heilige Gees wat by ons bly.
6Christus het op presies die regte tydstip vir ons gesterf. Hy het sy lewe vir ons opgeoffer toe ons nog in die sonde rondgelê het. Dit is totaal ondenkbaar dat Christus bereid was om so iets vir ons te doen. "
Ek leef in die oomblik en strek my uit na dit wat voorle. Hoeveel beter voel mens wanneer jy uitsien na dit wat voorle. Dankie Jesus, ek weet U is reeds daar. Ek jubel en juig want ek weet in die hemel is nie asma en of brongitis nie ek sal ek sing om my God te eer..
En ek hoef nie my krakende nek te draai nie....Kyk vorentoe !
Teken in op:
Plasings (Atom)