...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Donderdag 22 Maart 2018

Terugkyk....hoe laat dit jou voel?

Kyk vorentoe..!  Fisies is dit deesdae vir my moeilik om sommer net my nek te draai en agtertoe te kyk...ek hoor kraak geluide asook partykeer daardie pyn wat so deur jou kop skiet. Het dit al vir die GP genoem dan sê hy net ja dis maar oud word??..rerig? Ek besef dat ouer mense is tawwe mense...vir die hoeveelheid pyne en geite kla hul dan maar min. Of miskien het ek toe ek jonger was nie altyd ingestel gewees op die klagtes nie. Altyd gedink ek is of was nog altyd n persoon met n sensitiewe gees. Maar lyk my ek skiet te kort. Ek werk daaraan.

Daar is net sovele positiewe dinge waarna ek kan terugkyk. Tye wat die een ry spore daar was en tye wat ek saam Jesus gehuppel en gedans het..oral spore. Daar is dinge wat ek regret en wens ek kan oordoen..maar een ding het ek altyd onthou wat my Ma vir my gese het..Ina hou jou naam skoon, want dis die een ding wat jy nou nie kan was nie. Dankie Mamma. So my naam glo ek is skoon.


 Wat ek wel ook geleer het is dat wanneer die stemmetjie hier binne jou se : NEE , dan moet jy luister. Dis nie so n klein stemmetjie soos wat ons dink nie, dis een GROOT stem. Telkemale al my vasgeloop of skuldgevoel wat ek vir laaank saamgedra het. Ek het vir baie jare van my jong lewe gesing en saam skool orkes opgetree en selfs getoer. Ek het goue sertifikate vir sang, hier en daar n silwer , maar die papiertjies blink. Toe ek ook baie jare terug getrou het , het ek so rukkie aangegaan om te sing, maar dit het moeiliker geraak met kinders en n man en en en.. So kry ek n whatsapp van my sus af en se sy het gereel dat ons 4 sussies n CD kan opneem. My droom was nog altyd dat my kinders my moet hoor sing. Elkeen v ons sussies het ons afsonderlike drome gehad wat perform betref. Ek was aanvanklik vrek opgewonde, maar het wel besef dat ek 38jaar laas gesing het. Ek bedoel nou op verhoog met mikrofoon ens. Ook is die tyd wat ek gegun word om te oefen baie min. Ek dink iets soos n maand?? Ek het gesukkel. My liedjies wat ek wou sing moes ek die woorde weer soek. Die agtergrond musiek moes ek source..Jinne ek het gewonder wat dink die bure in die nuwe dorp waar ons ingetrek het, wat gaan aan by die huis want ek het groot gegaan met die oefen. Een dag toe kom Ben (dis my hubby) en hy sê.. Ek kan hoor jy het darem nog jou pype. Maar my asem is min. Ek begin siek word. Brongitis en asma. Daardie naweek ry  ons toe deur Pretoria toe om die Saterdag oggend ateljee toe te gaan. Oee die sussies almal opgewonde en die senuwees knaag. Uiteindelik toe my beurt. o vrek hier raak ek toe aan die huil. Ek kan voel hoe sukkel my stem. My bors trek toe. Een van my sussies se ag nee man jy is net op jou senuwees. Maar ek weet diep binne my ..dis die verkeerde ding. Ek kan nie perform soos wat ek WEET ek altyd kon nie. So is die dag verby en ons kuier verder. Na n paar weke toe kom die CD aan... dis nou nie afgerond soos ander nie en ek voel ongemaklik daaroor. Nou ja nou hoor my kinders nog steeds nie rerig wat ek wel gedoen het jare terug nie. Ek wil nie die CD vir hul speel nie alhoewel ek weet my sussies het dit dalk al vir hul gespeel...en ek regret die feit dat ek ja gese het. Die stem binne my ..ek moet luister. Dit was die begeerte binne my waarna ek geluister het. Ek bid om hier verby te kom. Dis sleg wanneer jy weet dat jy weet jy kan beter...alhoewel ek glo ek het my beste gegee daardie dag...en nou praat ek nie uit n oogpunt van perfection nie, want dit het ek laaankal geleer by die voete van Jesus. Net Hy kan perfeksie doen, ons moet streef na EXCELLENCE.(uitmuntendheid)..

Ek wil graag fokus op die positiewe dinge wanneer ek so terugkyk...goed om te weet ons stap op roete en plan. Lekker om te weet ons is geseend. nee ek praat nie van die materieele nie , ook nie finansies of enige ander iets as net Jesus se onvoorwaardelike liefde en dat Hy my lief het, want dis wie ek is....terugkyk is n luukse.. wat n voorreg.


Om positief terug te kyk en die luukse te besef, dit gee hoop vir die pad vorentoe. Ek lees in Romeine 5.."Deur ons geloof het Hy gesorg dat ons nou in ’n splinternuwe verhouding met God staan. Ons leef nou dag vir dag net uit sy goedheid. Daarom is ons baie bly en opgewonde. Want ons weet dat God se nuwe wêreld op ons wag. Daar sal ons sy heerlikheid sien.
3Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe. Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou. 4En wanneer ons onverskrokke op God vertrou, help dit ons om ’n sterk Christelike karakter te vorm. En ’n sterk Christelike karakter maak dat ons deur dik en dun glo dat God se nuwe wêreld op ons wag. 5Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde. Dit doen Hy deur die Heilige Gees wat by ons bly.

6Christus het op presies die regte tydstip vir ons gesterf. Hy het sy lewe vir ons opgeoffer toe ons nog in die sonde rondgelê het. Dit is totaal ondenkbaar dat Christus bereid was om so iets vir ons te doen. "

Ek leef in die oomblik en strek my uit na dit wat voorle. Hoeveel beter voel mens wanneer jy uitsien na dit wat voorle. Dankie Jesus, ek weet U is reeds daar. Ek jubel en juig want ek weet in die hemel is nie asma en of brongitis nie ek sal ek sing om my God te eer..

En ek hoef nie my krakende nek te draai nie....Kyk vorentoe !