...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...
Donderdag 13 Februarie 2020
Advertensie..
Kyk ons TV dan is daar baie, sommer baie advertensies wat wys... het julle al opgemerk??... of is dit nou helemal n dom stupid vraag.... wie kan dit nou miskyk... partymaal meer as wat die program lank is waarna ons kyk. Ligte flikker, ogies blink, oe en die lyfies swaai en dan is daar die manne wat kyk en wonder..wik en weeg en woerts warts die nuwe kar is gekoop. Die land is in skuld gedompel ! Die volk is oorgewig :( .. die mense is dronk en die dissipline is uit by die agterdeur.
Gepraat van dissipline...hoe gebeur dit dat wanneer daar n insident op die lappe kom, daar dan sommer die hele sak patats en meer kom....man die rivier oorspoel sy walle...hier slaan n kind net n Onnie en dan skielik skiet n ander kind sommer n Onnie by n ander skool..... asof die een insident die ander aanhits om iets slegter te doen....amper n prestasie in die negatiewe....u think u are bad.. I can be worse ! Nou wil ek graag vra....het skole so iets soos n voltydse Counsellor op staff ? En indien nie is dit nie dalk verby hoogtyd dat hulle so n persoon in diens neem nie.....want dit klink vir my dat die kinders net meer en meer gefrustreerd by die skool aankom....hulle is in sekere gevalle nog te jonk om dinge te hoor wat hulle hoor by die huis en verwerk dit dan vir hulself en doen onnosele goed.... word mishandel by die huis...fisies, emosioneel.....en die ouer kinders weet nie dat hulle eintlik nog kinders hoort te wees nie, want daar word van hulle verwag om grootmense te wees.... en dan natuurlik ook die boelie kwessie....en dan is daar die stoutkwessie ook, ongedissiplineerde klein .... mensies.
oeps...Amper van my draad af.....terug by die advertensies.....ek wil graag die kwessies en amper sê ek netelige kwessie , aanraak...drank advertensies....eintlik is daar 2(twee). eerstens is dit die drank adverts op TV... is dit regtig nog nodig dat dit geadverteer moet word....is mense van drank companies regtig so afhanklik van advertensies.... gonnas..die ouens wat dit drink probeer dit sommer so vanself uit en laaik dit baie... hulle het net word of mouth nodig....ons kinders word van so klein as babas al aan drank voorgestel deur dit wat hul ogies sien op TV... net die logos raak al so algemeen....dis net nog n daaglikse gebruiksartikel....ek dink nou net daaraan... kan mens dalk vra dat die TV ouens dit dalk net adverteer op tye miskien na 20:00 in die aand...of is ons TV kanale ook so afhanklik van daardie advertensie gelde? o jinne dit raak nou biki meer ingewikkelder as wat ek aanvanklik gedink het.... eers wou ek net n vraag gepost het... dink julle drank advertensies regverdig die skade aan ons volk in die geheel?....
Tweedens dan... ekke verstaan ook nie dat Sport deur drank gesponsor kan word nie....die twee trou nie ?ek weet albei maak geld, maar ter bevordering vir wat Sport staan?... en wat leer dit ons volk... ons kinders....hulle assosieer dit met mekaar...beter hulle assosieer Uie en rugby met mekaar (hie hie hie)....of cellphone en rugby....
...hoe lyk jou advertensie vir die wereld? Wat adverteer jy? Daar is n sê-ding..Preach the Gospel and if necessary use words..As Christen hoe adverteer jy? Wanneer ekke begin by die kerk, dan bedoel ek nou die gebou waarnatoe ons Sondae gaan om saam te loof en prys...Hoe adverteer die mense (die liggaam van Christus) daar? Ek word soms nogal verbaas wanneer ek die kleredrag van die jong klomp sien. Veral die girlies...stywer kan daai klere nie span nie...onderklere is deesdae sommer bo klere, of so blyk dit want alles steek uit of skyn deur. En dis nou nie dat dit lyk asof hul eintlik aangetrek het om na die kerkdiens strand toe te gaan nie, nee hul het gedress om te impress hier by die samekoms...maar ai die advertensie is swak, sleg sê ek vir jou...vol van lust.. geen respekte nie..Here help asseblief..Nou beweeg ons aan en die diens begin..worship gedoen en preek die prediker dat die sop spat. Ek verdiep my en geniet dit...Maar vrek my aandag word so nou en dan weggetrek deur van hierdie jong mense wat so sit en grappies maak en giggel en en en..nee man wat is dit met jou? Ek lees soms op Facebook dat iemand se jy moenie wegbly van die gesamentlike byeenkoms van die gelowiges net omdat daar mense of dinge is wat jou irriteer nie, jy gaan kerk toe nie vir hulle nie, maar om God te verheerlik en te prys...maar hoe hardloop ek n wedren wanneer daar n klip in my tekkie is? Dit moet my pla.
Hoe reageer jy wanneer iemand voor jou inry , of so kruip-kruip aanploeter en daar is n vaste lyn...Hoe reageer jy wanneer jy iemand sien wat nou regtig (volgens jou) nie n oil painting is nie? My sus het my geleer om eers net niks te sê nie en wel nou later probeer ek om altyd iets moois in iemand raak te sien , te dink en of te sê. Dis n doelbewuste besluit om te maak...nie altyd maklik nie, maar met genade wat oorloop probeer ek.
Dankie Here dat U bemoeienis maak met ons, genade oor ons uitstort en ons leer hoe om onvoorwaardelik lief te hê. Mag my advertensie altyd U behaag en uitnemendheid (excellence) my dryfveer is. Ek bid dat U Lig altyd deur ons skyn, U liefde altyd ons omvou en U krag in en deur ons werk.
Dankie VADER.
Teken in op:
Plasings (Atom)