Toe praat Vader mos met my ! Jinne en dis wanneer jy met 'n beker Milo of Tee of dit kan selfs 'n Cuppacino dik met room doer oppi bank diep weggesink inni kussings gaan sit en luister na Sy stem... sag en so vol Liefde vir my, verduidelik Hy spesiaal vir my hierdie seisoen.....Rut se seisoen. Dis die seisoen van voorbereiding en gaan alles oor totale oorgawe ...surrender and covenant... How to prepare yourself
Om saam met God te wandel behels sekere protokol, want daar staan geskryf dat Naomi het aan Rut sekere voorskrifte ten opsigte van Boas gegee. Soos ek dit verstaan verteenwoordig Boas 'n tipe van Jesus en Rut die Bruid van Christus. Die dinge waarvoor jy wag begin eers gebeur wanneer jy dit verstaan ! Wow. Amen ! Dus..Maak seker dis GOD se WIL !
Rut was nie sommer opsoek na enige man nie. Naomi het haar huiswerk gedoen, en kon Rut beduie waar om hierdie spesifieke man te vind :... Klink maklik om so 'n man te soek ???
- Maak seker wat jy van God wil hê voordat jy daarom begin bid en maak seker dis wat HY ook wil hê. Ons sê altyd oppas netnou kry jy presies waarvoor jy bid..... Moenie iets najaag as dit nie vir jou bedoel is nie of as dit goed lyk in iemand anders se lewe nie. God het 'n plan wat spesifiek is vir JOU lewe. Hy sal dit vir jou wys.
- Lê jou verlede af ...Naomi het aan Rut gesê om te gaan bad... Boas sou Rut nie aanvaar het as sy na Moab (haar streek waar daar hongersnood is ) gelyk en geruik het nie. Sy moes haar verlede aflê ten einde haar toekoms te verseker. God sal vir jou 'n deur oopmaak, maar as jy nie die ou kwessies afgelê het nie, sal jy nie daardeur kan stap nie. Jy sal nie wat God vir jou wil gee kan ontvang as jy nog deur jou verlede beinvloed word nie. Dit maak nie saak of dit 6 maande of 6 jaar duur nie, jy MOET jou emosionele laste aflê..... sjoe dis een groot stap hierdie ! En God sê : Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het... Ek gaan iets nuut doen....(Jesaja 43:18-19) Hierdie stukkie Woord is sooooo groot eye opener.... paar woorde, maar ja dit neem al langer as 6 maande.....! ? selfondersoek...jip...the I must die...
- Regte gesindheid... Naomi het aan Rut gesê...gebruik Reukolie ! In die Bybelse tyd het die mense reukolie gebruik om hulself te vernuwe en te verfris. Indien dinge nie vir jou uitwerk soos jy gehoop het nie, moenie sommer dadelik die Satan blameer nie....kyk eers of jy wel die regte gesindheid het ... maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe (Romeine 12:2)
- Wees opvallend...Naomi het aan Rut gesê om mooi aan te trek.. Hoekom moet ek mooi aantrek vir iets wat nog nie gebeur het nie ? Want God seën mense wat gereed is ! Wanneer dit jou tyd is en jou oomblik breek aan, moet jy gereed wees ! Hierdie verhaal van Rut wys vir my dus dat as ek bereid is om opvallend te wees, ek wel ook opgemerk sal word...Duh , maar gaan ek nie biki overdressed lyk in 'n situasie of plek as ek met 'n blink rok langs die viswaters opdaag nie? Sien jy die prentjie in jou kop ? Verstaan jy nou waar kom die benaming vir visnetkouse vandaan ..... hiehie en ons lag toe al die tyd vir hierdie mode gier....God se goedkeuring en nie die van mense nie moet jou vernaamste prioriteit wees... so al lyk jy biki uit plek uit met jou kleredrag vir die oomblik, dit maak nie saak nie....jy moet weet dat jy 'n bepaalde bestemming het, anders sal jy begin na verskonings soek en te probeer verduidelik waarom jy so anders is as ander! Wanneer JY egter weet waarheen God met jou oppad is, maak dit nie saak nie en dan sal ander ook geen twyfel daaraan hê oor jou bestemming wanneer hulle na jou voorbereiding kyk nie!
Verder merk ek ook 2 dinge op wat Naomi aan Rut geleer het oor haar ontmoeting met Boas....
- Jy moet op die regte plek wees...Naomi het aan Rut gesê om na die dorsvloer toe te gaan...Hoekom ? Want Boas was daar ! Jy moet geestelik op die regte plek wees om jou seën uit God se hand te ontvang. Onthou net dat Satan jou sal probeer wysmaak dat jy dit nie verdien nie... nie goed genoeg is nie... ensomeer etc ens...bla bla bla..hy sal jou probeer wegkeer van dinge en plekke waar God wil hê jy moet wees. Hy sal jou uit jou plek uit laat voel terwyl jy eintlik right slap bang op die plek is wat God jou wil hê.....MOENIE sy leuens glo nie; wanneer God jou roep, rus Hy jou ook toe, bemagtig Hy jou en gebruik Hy jou ook tot Sy eer. Halleluja !!
- Die tyd moet reg wees Rut het lank vir hierdie oomblik gewag en nou moes sy ook leer om stil te wees omdat die man deur wie God haar sou seën, aan die slaap was. Dis moeilik om alleen oor iets opgewonde te wees, jy wil soooooo graag hê ander moet saam met jou ook opgewonde wees. God sê egter : WAG !! Moenie dinge probeer ryp druk nie, Moenie jouself probeer ryp druk nie, wag geduldig.. wees seker dit gaan gebeur (Habakuk 2:3) God se tydsberekening is perfek ! Hy het seëninge wat slegs vir jou bedoel is en wanneer die tyd ryp is, SAL Hy hulle aan jou gee !
MAAR wanneer God sê ....KLIM UIT DIE WASMASJIEN UIT..... dan klim ek uit......
..."Boas het toe met Rut getrou.." Rut 4:13