...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Maandag 14 Februarie 2011

Warrrel Winde Woelighede... ... ... WAG ?

Aggenee wag 'n bietjie... waar is ek nou.... waarheen oppad... ekskuus ??..jammer....S T O P ! WAG ----

Voel dit vir jou ook partykeer asof alles   -of stilstaan..- of weghardloop rondom jou , mmm ek wil amper sê asof jy in die middel van 'n bondel wasgoed wat besig is om in een van hierdie wishywashy wasmasjiene te was... jip doer so reg in die middel op die sakdoekie sit jy... skud so bietjie regsom en dan skielik verander die rigting weer linksom en die skuim is reg bo-oor jou kop met die water wat so sekonde later jou heeltemal oorspoel. Waar is ek?? .. ek gly af in die dieptes af tussen die ander growwe wasgoed in....dis donker... waar is bo?... nee gonnas, dit voel ek kry nie asem nie, die seep brand my oë, maar tog is dit 'n skoonmaakproses wat besig is om te gebeur?? Is ek op die regte plek, in die regte tydgleuf?? Ek hou net nie meer by nie ! Wat het met my gebeur ? Of is dit nog besig om te gebeur, gaan dit nog erger word?

Dit is soo wonderlik om so rustig te raak in jou alledaagse tyd en gang met die lewe dat jy skoon wakkerskrik wanneer jy moet operate. Dis nogal uitputtend as jou man of die res van jou gesin sulke dinamiese taakgeorienteerde persone is, en jy het nou al 'afgeskakel' van die geroesemoes en die gejaagdheid en rustigheid jou leuse gemaak. Ek bedoel nou nie daarmee dat jy 'sleg' geraak het nie, maar geduld is jou wagwoord en jy weet dat als sal ok wees. By dit als is ek ook nogals nie iemand wat vinnig besluite kan maak nie, want ek dink aan alles van die kleur van die gordyne tot die soompie van die nagval wanneer my man my vra of ek 'n nuwe slaapkamerstel wil hê of nie..analities.. detail.. Alvorens ek hom kan antwoord moet ek eers die antwoorde op al die ander vrae ken, dan sal ek met 'n ware antwoord kan kom..... teen die tyd is hy al rasend want hy is net 'n ja of 'n nee mens..... taak een , twee en drie....more sort ons die res uit ! Die gevolg.....albei is uitgeput aan die einde van die tyd want albei probeer mekaar plek gee in die gesprek en dit hoop op en dit hoop op.... en poef ! Die fan is in die pad....

Ek hoop nou nie ek is al een wat my ervaring hier deel nie? Laat my aub weet of jy ook sulke ervarings het of dalk iemand ken met so 'n probleem en asseblief sussies moet nou nie laat weet ja jy ken iemand en dis ek nie..hie hie hie....

Ek skryf omdat ek weet 'n vriendin of twee het met my gesels en dit blyk na 'n redelike algemene probleem, maar wat egter pla is dat dit klink asof dit meer en meer mense raak, maar die girls bly stil? Party hanteer dit beter as ander, maar ai daar is wat sleg tweede kom, en dis hulle wat my kommer. As jy my kontak, kan ek miskien help. reageer op hierdie post dit sal nie public gaan nie.

Nog 'n vraag was.... wat van as jou kinders ook so taakgedrewe is. of nie is nie... wat van hulle wederhelftes? Hoe hanteer jy as Ma dit.... Wat sal jy sê ? My kinders verskil in sekere opsigte soos dag en nag en dan weer in ander opsigte is hulle presies eenders. En tog is hulle kallers uit een kraal. Ek monitor maar die situasies, maar dis maar een van die heel moeilikste dinge in hierdie wereld van ons.... om jou distansie te hou. Maar een ding weet ek verseker die korste distansie is die een van my knieë na die grond. Want dis die posisie van 'n Mamma wat vir haar kinders intree... ... ... dit sluit skoonkinders in.

En dan vanuit hierdie posisie op jou knieë hoor jy Sy stem.... WAG...en ek vra/sê..maar Here ek is in wasmasjien besig om te versuip, my oë brand van die Omo en biki later kom die Stasoft en maak alles so slap dat ek nie eens kan swem om bo te bly nie... en U wil hê ek moet WAG ?? Vader ek verstaan nie..... almal sê juis vir my ek moet my ..as roer en lewe kry....met respekte Abba Vader.... ek wag en wag en raak net al hoe rustiger en die mense om my net al hoe besiger en al hoe meer onrustiger.....

                                 En God sê.... Wag op God..... Jou Seisoen is besig om te draai.....

Nou ja dit laat my dink aan ons vroue se tyd in kraam.... in daardie laaste paar minute is dit die ergste, maar dan is uitkoms op sy naaste..... die seep brand nou behoorlik !!

        watter soort wasmasjien het jy?.... of was jy met die hand  ?

 L I E F D E .....

2 opmerkings:

Unknown het gesê...

Sometimes God calms the storm, sometimes He calms the sailor- but sometimes...He wants us to swim!

Maretha het gesê...

Jy is tog so raakvatter met woorde. As ek in die wasmasjien beland, begin ek analiseer. Moet daar bleikmiddel bykom of dalk groen seep? Moet die krae eers geskrop word? En dan as die analise voltooi is word alles stap vir stap, soms treetjie vir treetjie uitgevoer. Ai tog en dan is die tyd verby en als nog nie voltooi. Dan staan daar soms ewe belangrike dinge oor vir later, maar later kom nie. En dit kriewel my man wat 'n ding aanpak en voltooi. Hy verstaan nie hoe kan mens iets laat oorstaan, sodat die projek waarmee jy tans besig is, al jou aandag opeis nie. Easy-peasy! As dit my nie boei, gaan ek my nie vermoei nie!