Jinne hier sit ek nou amper met 'n mond vol tande en 'n kop vol gedagtes, 'n hart vol liefde en my vingers wil net nie tik nie ! Hoe gebeur dit nou... nee wat ek moet net laat gaan.... ek weet ek kan, dis net vir te lank.. te diep gebêre gewees. Hierdie is juis die kans waarop ek gewag het, 'n kans om my siel te spoel en ons mekaar te kan help, by Jesus se voete te lê en mekaar te kan bemoedig. Ek glo met my hele hart dat daar in hierdie gesprekke uitkoms sal wees, ek het netwerk van kontakte.... so ons maak 'n plan as ons nie anders kan. ...Ook net te noem dat nie alles wat hier gesê word is uit eie ondervinding nie, nee gonnas dan skiet ek mos nou myself innie voet, maar ek het ook al die letsels en littetekens aan die hart om te kan getuig van God se genade.
Soos jy uit die Titel van my Blog kan aflei is ek een van die 4 seisoene en ook dan een van 4 sussies. Sou nie graag self wou raai watter seisoen ek is nie. Ek weet met 'n kleur analise by so 'n klerekasbeplanningsessie van Chata Romano het sy my ontleed as ek strek oor 2 seisoene. Sy het dit bestempel as ek is een van die geseëndes. Ek is wel een van die geseëndes van Here. Ek is al 31 jaar getroud en 'n Ma en so pas 'n Oumie geword. Wat 'n blessing !
Ek is nou in my derde jaar as voltydse huisvrou. Weet nie hoeveel jaar kursus dit is wat ek volg nie? hie hie hie. Ek was voltyds beroepsvrou gewees totdat ons Mozambique toe verhuis het. Ek moet erken ek 'sukkel' so effentjies om aan te pas om voltyds 'niks' te doen nie. Wat ek bedoel by voltyds 'niks' doen nie, is dat hier is nie 'n IN-mandjie wat leeg gewerk moet word en 'n UIT-mandjie wat dan vol is nie. Die mandjies bly VOL ?? What a life ?? En mens word so moeg . Jy voel die hele tyd skuldig wanneer jy net so tydjie afknyp om bietjie TV te kyk of koffie te gaan drink by jou enkele vriendin op die dorp. Die grap van die jaar is natuurlik die dag toe ek noem dat Woensdae nou my AF-dae is ! Wat bedoel jy nou jou AF-dag ? Jy werk mos nie meer nie ? .... Sê jy met 'n bord heerlike Steak en chippies voor jou... terwyl jy versigtig moet eet dat jy nie op jou skoon hemp of broek mors nie ! duh ? O ja... moet sê die huis ruik ook nogal vars vanaand... Maar ??? aan wie word al die verskillende lone dan elke maand uitbetaal (Tuisfront) .. Hey ek is die Manager..Administrator..posman..koordineerder....af met die gang...bla bla bla...
Verder is ek ook betrokke by Project Purpose, 'n projek vir Straat Mammas/werkers en hulle kinders . Die Here het dit egter op ons harte gelê om betrokke te raak by die sentrum waar die kindertjies is. Ons help met kos en vars water en klere. Huidiglik bly hulle nog in 'n riethuisie. Hulle is so 16 kiddies, ouderdomme van babas to 15. Die planne vir die nuwe sentrum is goedgekeur en grond is gekoop. Nou wil ons eers 'n boorgat sink vir water en dan begin bou. Maar geldjies kort.
So indien jy 'n dik beursie opgetel het, kontak ons maar.......
............tot later.............. skryf so biki vi my.......
8 opmerkings:
hi daar, ek is bly jy het "geboorte geskenk" aan die blog. Dink dit gaan ander kan help en ook sommer 'n uitlaat vir jouself. en soos ons ander 3 van die 4 seisoene weet mag jy skryf... jy weet hoe om jouself uit te druk. Ek is so bly jy kan jou talente en blessings met almal deel. hoop hierdie is 'n geseende blog. Baie lief vir jou... mwahhhh.... die jongste van die 4 seisoene.
enige iets.....
Congrats!!! Dis great! Nou het ons 'n plek waar vriendinne kan deel. Die lief en leed. Die seëninge en teëspoed. Baie geluk.
Dagsé. Ek is Hannelie of sommer kortweg Hantie en is seisoen 3. Ek kan ook nie sê watter seisoen ek is nie maar het nou die dag gehoor ek is Herfs..hoop nie omdat ek altyd so vaal is nie.Soos Ina sê...mens moet eers bietjie diep grou want my dinge in my lewe is nogal diep gebêre maar beslis nie weggegooi nie.Ek is baie sentimenteel en gooi niks weg nie.Ja wat en hier sit ek en huil voor die rekenaar. Almal slaap.Ek dink so terug aan die tye van kleintyd tot nou.Ek kan amper niks onthou van my kleintyd nie en meer van na my ma se dood.Soms is ek so "kwaad" want ek wil ook so lekker koek bak soos my ma dit gedoen het en ek kry dit nie reg nie.Ek wil ook graag net gou gaan koffie drink of my hart gaan uitpak by my ma maar ek kan nie.Omdat en seisoen 4 seker saam grootgeword het in die huis, gesels ons amper elke dag op die telefoon want sy bly te vêr om gou 'n koffie te gaan drink. Ek is baie lief vir die ander 3 seisoene en wens ons kan meer saam wees.Dankie vir die blog Ina.
Uitstekende idee Ina! Duidelik besit jy die vermoë om te skryf en jouself op 'n interressante manier uit te druk, ek beny jou talent.
Ek het baie op die hart vandag maar is bevrees ek sal te lank voor die rekenaar moet sit en tyd "mors" en julle verveel met my pyne, en daarom gaan ek net vra dat julle ernstig my sal opdra aan Jesus, dat HY sal ingryp en iemand vandag nog op my pad sal bring om my tot ander insigte te bring want ek is moedeloos en voel lus om weg te hardloop en ek is deeglik bewus daarvan dat dit nie saak maak waarheen ek gaan nie, daar sal altyd iets of iemand wees wat die lewe vir mens moeilik maak. Ek weet ook dat as ek sou ophou om op myself en my omstandighede te fokus, maar my oë op Jesus te hou, en soos in James 1 staan van mens se trials en tribulations met 'n blymoedige gees te hanteer sal mens total peace kry.Maar alles is 'n groeiproses en alles is 'n stryd en ja ons stryd is nie teen vlees en bloed nie...maar nog steeds sukkel ek.......
Heerlike blog, Ina! En lente is in die lug... Cheers to you!
Lanie, ek hou van jou comment...op die oog af kan mens dalk wil 'n moedelose gevoel bespeur, MAAR dan kom jy met so 'n wonderlike positiewe optel van jou gees en jy bring al ons ander lesers en vlieg tot hoog bo op die wind van Heer se Genade....en jy GROEI..wat 'n wonderlike voorbeeld is jy nie vir my nie.
Dankie Inatjie! Kan nie glo EK kan 'n voorbeeld vir iemand soos JY wees nie! Glo my iemand het saam met my gebid Maandag want, soos ek ook op Facebook geskryf het, het my seun-hul(Engeland) my gebel en ek kon met my een kleinkind gesels, ek was sommer weer in trane. Ek het heerlik gelag vir die goed wat my seun vertel van my oudste kleinkind (Sinead)en hoe kinders met mekaar wedywer, amazing hoe vroeg hul begin!Natuurlik het hy ook fotos gestuur van haar ballet opvoering, en TOE besef ek soos jy tereg al gesê het :GAWES VAN GOD! Mens is so ondankbaar oor mens nie naby jou kinders kan wees en jou kleinkinders gereeld kan sien nie (ek het myne 19 Maart 2009 laas gesien en die nuwe kleinding wat nou 'n jaar oud is nog net op Skype gesien - dankie vir tegnologie) maar ek weet daar is mense met baie groot probleme wat hul kinders en kleinkinders betref - ek kan net sê DANKIE DANKIE DANKIE HEER!
Plaas 'n opmerking