Een van my seisoen sussies Hannelie het 'n baie goeie vriend wat sy al baie jare jare ken, eintlik moet ek sê hy ken ons almal baie goed en dis die mannetjie wat begin het met die Seisoen identiteite... Hy het gesê ons is vier susters tog is ons soos die vier Seisoene. Janneman ek wil jou nog eendag vra... watter seisoen sou jy nou aan my koppel, want sien Winter kan koud wees, maar ook kan dit sexy wees... lente is die warrel en dartel bloeisel enetjie...Somer weer warm en sonskyn en so kan ek aangaan en inkleur.
Toe ons Mozambique toe verhuis het, was dit gladnie vir ons 'n moeilike besluit nie. Alhoewel meeste mense wat my goed geken het my so effe met 'n 'pause' geantwoord het wanneer ek hulle meegedeel het dat ons moet gaan.... want hulle ken vir ou InaQ en haar geite en grille, maar ek het geweet wat God alreeds gesê het... . HY het ons voorberei en ek het geweet dat alles in Sy Woord het Hy net gespreek (gesê) en dit het gebeur. So dit was die regte besluit om te kom al moes ek leer om eerder plakkies te dra en my goue jewelry te los vir Sondae. Dankie tog die make-up kon aanbly en die perfume sal ek nooit ooit as te nimmer wil los nie. O ja die hair dye MAG ek nie los nie ! Sê ek - hie hie hie..(anderdag se storie , die dag toe ek moes koop hier in Maputo en die instruksies in Portugees moes volg ?)
Watchman Nee is die skrywer van The Normal Christian Life . Eienaardige titel? Tog nie. Dis net wanneer jy weet wat 'normaal' in 'n Christen se lewe is, dat jy kan bepaal in watter 'seisoen' jy jou bevind, jou omstandighede akkuraat kan evalueer en dan daarvolgens aanpassings kan maak. Elia was 'n mens net soos ons..(Jakobus 5:17) Tog het hy een dag vuur uit die Hemel geroep, maar die volgende dag het hy selfmoord oorweeg.
Toe ek nou hier in Mozambiek aanland en net 'n geleende TV stel, geleende dubbelbed (ek is gewoond aan 'n Queensize) en 'n small size kroeg yskassie wat ons by die local grocer gekoop het, het om mee te leef.... bid ek en ewe kontant sê ek "Lord I am ready... here I am send me....my training mmmm.... done... worked for the church for 10 years..." O ek was so opgewonde. My sendingveld het oop voor my gelê, want Ben , askies dis my man, het vreeeeslike laaaaang ure gewerk in daardie stadium. Dis hoe ek toe gevoel het. Ons meubels kon nog nie deurgekom het nie en moes gestoor word in Suid Afrika aangesien al die papierwerk en Visums en verblyfpermitte nog nie geprosesseer was nie.Mosambiek het baie papiere!... Sou eers later uitvind dat die soort van papierwerk moet nog met die hand uitgeskryf word ! Nou ja 6 maande so uitgekamp in my huis. Sorry to say - I am not a camper - Never been en dink ook nie sal ooit wees nie ! Maar die Here was goed vir my, Hy het my laat uitkamp in 'n huis ! Awesome. Ek het 2 kampstoele gehad vir 'n sitkamerstel en een van hierdie 5in1 opblaas banke wat 'n bed of swembed sonbed kan word, gehad vir 'n sitkamer sofa. Jy moet dit elke aand pomp voordat jy kan TV kyk....LOL...
Maar na so 6 weke toe kry ek my dip en bid en vra hierdie keer vir die Here " Here toe ek uit Richardsbaai gegaan het, was my boodskap Vlieg soos 'n Arend. Vader ek voel nou soos 'n Mossie." Al wat ek hoor is : REST IN GOD . Gonnas, ek dink toe nou.. hoe lank rus mens ? So gewoond aan die Quick fix, quick meals en vinnige lewe, dat om nou rustig te raak en te wag is nogal 'n storie en 'n half......maar geduld is vir my geleer in my jare.... . Ek besluit toe om te gaan oplees oor 'n Arend. Weet jy elke seker aantal jare dan gaan rus 'n arend bo in die berge en dan pluk hy sy vere reg en hy olie hulle weer en hy versorg sy naels en hy maak weer sy snawel skerp. Nooit geweet nie maar 'n arend is een van die voëls wat direk in die son in kan kyk en nie verblind word nie.
Weer het maande verby gegaan en ek bid toe weer oor hierdie Mossie gevoel.....en die Here antwoord my :" You may be waiting but always remember u are still an Eagle ! " Hoe wonderlik om dit te hoor. Ek is nie 'n mossie nie, maar nog steeds 'n Eagle ! Dis toe ook in dieselfde tyd dat Hy vir my sê dat my seisoen van wag oor is...
Daar is geen verskoning om geestelik niks te doen nie, jy moet net bepaal waar jy is. Geloof stel ons nie vry van die seisoene nie, maar laat ons seëvierend daardeur gaan."....Hulle vlieg soos arende. Hulle sal hardloop..Hulle sal loop.." (Jesaja 40:31) Dus: 1. As jy 'n vlieër is. Geniet dit wanneer God jou seën en jy bo jou natuurlike vermoëns uitstyg, onthou net dit kom van God. As jy dit vergeet gaan jy val. 2. As jy 'n hardloper is. Dank God dat jy nog aan die wedren deelneem. Moenie jou met die vlieërs vergelyk nie, jy sal moedeloos word, en ook nie met die stappers nie, jy kan verwaand raak. Hardloop net- jou tyd sal kom. 3. As jy 'n stapper is. Gaan voort om een voet voor die ander te sit. Sommige dae sal pyn, moedeloosheid en uitputting dit onmoontlik maak om hoog te vlieg of te hardloop; die beste wat jy kan doen, is om te stap sonder om flou te word. Dis nie 'n probleem nie. Stap is vir God ook waardevol. As dit jou beste is, is dit goed genoeg !
3 opmerkings:
En juis daarom het God vier seisoene geskep. Soms moet mens deur die winter net hiberneer om dan in die lente die bloeisels en blomme in ander mense weer raak te sien en opnuut te waardeer. Kyk in die winter verby al die grouheid en vaal en wag rustig op die oopbars van kleur en geur in die lente.
Selfs die huwelik moet deur die verskillende seisoene gaan. God laat selfs stormagtige somers toe, sodat wanneer die herfs kom, mens met nuwe oë na die herfs kleure van jou geliefde kan kyk en God loof omdat julle die donderstorms oorleef het.
Ja donderstorms het my altyd laat gryp na my Ma se rokspante en my Pa se sterk hand. Sy rustige stem en partykeer die giggel laggie wanneer hy sê kom ek gaan jou wys daar is niks om voor bang te wees nie.... So hunker ons nou soms na ons manne wanneer hulle hul sterk arms om ons slaan en sê kom dis verby... ek is lief vir jou♥ God U are AWESOME ! Wat God saamgevoeg het.... ♥♥♥☺
Awesome woorde vriendin*May u receive His favour in Abundance*
Plaas 'n opmerking