Mense sê altyd...oeeeie ek het goeie nuus en ek het slegte nuus..wat wil jy eerste hoor ? Dan sal hulle nogal so opgewonde geluide maak of met so skewe trek om die mond jou aankyk en wag dat jy nou eintlik JOU beskeie antwoord moet gee...Wat sal ek nou sê? Het ek enigsinds 'n sê? Man laat ek nou dink..mm...gonnas..hoop nie ek verraai die feit dat sy/hy eintlik sy wil op my afdwing nie.
Doen jy dit ook aan ander? Nee wat ek is nie so nie. Nooit as te nimmer nie. Ek is nederig, dink altyd aan ander mense se gevoelens(partykeer te veel) Hie hie hie... ek dink ek jok vir myself en jy wat hier lees ook!Ons almal het die geneigdheid om dit te doen. Dit is maar een van die gedagtes wat by my opgekom het toe ek gedink het aan my stukkie wat ek wil skryf.
Ons leef heeldag met hoogtepunte en laagtepunte in ons dag of week en dan kom daar dalk 'n tyd of dag wat ons sê stop of PUNT ! Nou is dit klaar, kan nie meer so aangaan nie, end van die lyn.... of met die hoogtepunt wat ons weer nie wil hê dat dit moet ophou nie. Gaan net aan, nog so bietjie langer, noggie klaar nie, nog nog nog.....
Hoogtepunte is lekker tye in my lewe...jinne ek kan van 'n hele paar getuig ! Ons was so drie awesome vriendinne op skool gewees. Twee van die drie was nogal sterk akademies gewees, maar ai die ou derde enetjie het maar aan die agterspeen gesuie..... miskien so bietjie lui ook! hie hie hie. Man ek weet nou rerig nie hoekom moet mens altyd perform het in die klaskamer nie. OK ok ok ok ek weet van die excellence ding en van altyd jou beste lewer.... vandag ken ek dit.. doerie tyd nie! Ek dink my Ma het dit geken, want sy het my gedruk en my altyd herinner aan my beste is goed genoeg vir haar, maar gonnas ek kon net nooit slaplê nie... sy het net altyd geweet. Kuns en kultuur was meer die ding wat my opgewonde gehad het. Rosa het die begeleiding hanteer en Rentia en Ina het agter die mikrofone ingeskuiwe. Jille dit was sports! Ook was daar die Sol en Gobelet opvoerings. Dit was 'n ietsie wat altyd op eertydse TV opgekom het van 2 sulke lawwes wat net mimiek het-- ek en Rentia het dit vir ons Afrikaanse PRAATJIE gedoen.. in ek dink standerd 9 ? ons moes praat nie mimiek nie! Ek dink amper Rosa het net daar gestaan en elke keer die deur oop en toe gemaak, maar sy was wel deel van die 'opvoering' Ons het wel die klas geslaag.
Nog 'n hoogtepunt is 'n nuwe kêrel, nuwe kar...Maldives vakansie, Mauritius saam met jou gesin... geboortes van jou kinders, kleinkinders....miskien as jy sommer net gewoon by 'n winkel kan instap en 'n nommertjie kan koop wat pas sonder om in te druk en te trek en rek en skel....Het jy al 'n swembroek gaan koop en hy sit sommer lekkkkerrrr? Man ek sê jou jy voel soos ek dink Heidi Klum moet voel wanneer sy klere koop...lekkerrrrr. Neee ek het nie, want ek weet nie eens hoe Heidi Klum voel nie, kry nie kans om so ver te dink nie, dan vat die depro en skel my sommer so daar in die aantrekkamertjietjietjie al. Jinne die plekkies word ook al hoe kleiner en die spieëls ook al hoe krommer. Hul sê mos krom spieëls maak jou korter en dikker en hulle sê hulle verskaf aan die winkels. Wie is hulle? weet julle? My Ouma het altyd gesê: .. hulle eet skille.Nou ja....HULLE julle moet jille se spiele reguit maak solat ons langer en maerder kan raak ! Dan sal ons meer kostuums en buustelyfies en rokkies koop. Eintlik het ek nog 'n baie 'valid' vraag : Het sonlig iets te doen met haelskade....ek bedoel nou.. wat noem mens die dimpels op jou bobene en boudjies....amper sê ek cholesterol.. lol... selluliet. Meestal net die gedeeltes wat nie son kry nie wat in hierdie berge en dale verander.. het jy dit al agtergekom? Hoekom so? O Gonnas sonder dat ek eens agtergekom het, het ek 'n laagtepunt aangeraak. Sien hoe maklik gebeur dit. Dis nou net soos die Woord dit sê in Johannes 10... die dief kom om te roof, steel en dood te maak..... hy roof en steel jou hoogtepunt se plek en voor jy weet is dit tickets ! PUNT !
Laagtepunte....ag jinne ek hoef nie eens te dink nie , dit borrel sommer so met my spiere langs tot by my vingerpunte wat dan tik. Julle kan seker so nou en dan die laagtepunt se manifestasies sien ook (tikfoute).. hie hie.. julle het gedink dis spelling mistakies... aha nee... ek kan spel, maar die plastic naels kan nie ! Het mos ook nie tik op skool as vak gehad nie. Oe nee die tik juffrou was te kwaai. Sy het glo met 'n liniaal jou so op die vingers ge'tik' sou jy op jou hande kyk of verkeerde toetse, dis seker die knoppies, tik... Dis erg! Ek was nie gewoond aan pakslae nie. En dit sou my siel geskok het..lol. Oeewie..fabels fabels.. ek het 3 pakke slae in my lewe gekry. Ek bedoel dis die wat die moeite werd was.
'n Hoogtepunt wat vir my hier in Mozambiek uitgestaan het is dat ons hierdie afgelope week nog 'n sponsor gekry het wat vir ons kinders in die sentrum vis gaan verskaf. So een keer per week gaan hulle nou ook iets anders as bone of hoender saam met rys as proteine inkry. Ai die gesiggies toe ek die vis gaan aflewer het die eerste keer. Ek moet elke dag gaan aflewer wat hulle vir die dag moet kook. Ek bedoel nou die bederfbare produkte. Ons het nog nie 'n koelgerief gekry nie. Daar is nog nie elektrisiteit nie, so die koelgerief moet iets wees wat gas as bron het.
Hierdie hoogtepunt bring my nou terug na die teks van vroeër se tweede gedeelte....Joh 10:10....Ek het gekom sodat julle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê... Dankie Jesus ons weet dat wanneer ons jubel selfs in ons swaarkry, besef ons dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op die beurt kweek die volharding weer betroubaarheid van karakter en hierdie betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting, ons hoop.
Wat 'n wonderlike voorreg is dit om 'n kind van God te wees!
Dit is my Hoogtepunt !
Wees in alles dankbaar
- Ondankbaarheid is om met God se genade te mors.
1 opmerking:
Hoogtepunte....dankie tog!
Daarsonder sou ons permanent manies depro gewees het en wie wil dan nou in 'n gat bly?
Joh 10:10....Ek het gekom sodat julle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê...
En dit is so waar! Elke dag streef ek daarna om die seëninge van God raak te sien. HY voorsien nie net in die basiese nie, HY oorlaai ons met baie meer. En om vir ander te kan gee of iets te beteken word die hoogtepunt van elke dag. Selfs al het mens party dae net 'n glimlag om te gee of 'n gewillige oor wat luister.
En dan seën God ons ook met vriende.
Mense met raakvat woorde wat uit borrel en 'n glimlag bring. Ons is so geseënd om jou as vriendin te hê, Ina. So raakvatter met die woorde. Doet so voort!!!
Plaas 'n opmerking