...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Vrydag 22 April 2011

Om 'n jaar of twee ouer te word... .... ..... ....... ......... ................. hiert jy...

Jinne dis nou vir jou ding...of is dit 'n dinge.. of tel dit as tyd ? Weet nie eintlik nie, maar party dae , soos vandag byvoorbeeld isit nie lekker nie. Net vanoggend skrywe ek so ewe op my Facebook status vergifnis...altyd beter vir jouself....gonnas die dag is nogi uit nie en ekke moet dit self toepas. Nie een keer nie, paar kere. Het eers trane probeer, maar voel nie beter nie, so vergifnis is maar die beginsel wat werk. Dis mos nie iets wat werk oor hoe jy voel nie, dis net iets wat jy doen en klaar kry. Vergifnis maak jou vry ! Beteken natuurlik glad nie dat jy nie die onreg erken nie, maar dit beteken wel net dat jy kies om te fokus op dit wat jy kan beheer - jou gesindheid en jou optrede. Jou energie verhoog dan, jy bou jou potensiaal en verbeter jou vooruitsigte. Dit vereer God ook ! Die Woord se : .." kom betyds tot 'n skikking.. (Matteus 5:25) Dan is daar ook Jesus Christus se GOUE reel..."Doen vir ander alles wat julle graag wil he hulle vir julle sal doen.." (Matteus 7:12) Ek hoor baie hierdie quote oor mense se lippe, maar daar is dan 'n verskil.... hulle begin dit in 'n negatiewe sin.... MOENIE aan ander doen wat jy nie aan jou gedoen wil hê nie.. en dis bybels onwaar... Die Bybel sê dit in positiewe gesindheid --- DOEN aan ander.... . Wat het Jesus bedoel toe Hy hierdie woorde gesê het ? ? ?
1.  Waardeer ander
2.  Bedank ander
3.  Vertrou ander
Dit is nou waar ek nou wil teruggaan na my heel eerste sinnetjie... ... wat eintlik verwys na die ouderdom. En hier bedoel ek nou nie die klem op die oud gedeelte van die woord nie en ook nie die derDom gedeelte nie... hiehiehie... nou wat sê tante dan nou ???  Oud en dom in een sin..al wat oorbly is DER.... nee erens is iemand deurmekaar.... NEE NEE wag begin oor. Wat ek eintlik bedoel is die wysheid gedeelte van ouderdom.... sjoegies dit klink nou rêrig ernstig, of al op hoë ouderdom...lol. wysheid van die grysheid sou gepas het as ek nou nie die boksies so gretig gebruik het nie. Kleurkode 113A .
Gedurende die afgelope maand het dit dikwels gebeur dat ek merk dat daar van die jongere geslag se kant af geen begrip of insig is in terme van  indien ander mense wel ouer as hul blyk te wees daar 'n moontlikheid bestaan dat hulle wel meer lewenservaring en of kennis , dus dalk meer wysheid algaande 'n situasie of die lewe self het....Maak dit dalk vir jou sin ? Vir my maak dit sin....selfs in die realm van respek. Gonnapiet....behalwe my lewenservaring ( ek verjaar saterdag 4 Desember en word 'n volronde 50 ) asook my jare as ingenieurswerk het ek in direkte opleiding  (in gehoorsaamheid aan God se stem) vir 10 jaar as administrateur vir 'n Community Church wat  ook 'n Christian School het, gewerk. Dit was rerige intensiewe opleiding. Ek was nooit ooit so op mense ingestel soos daar nie. God het my karakter so gebou en vrygemaak van alle 'issues'.... ek het Sy Vader Hart geleer ken en Sy Liefde geleer. Geleer om om te gee en te luister na Sy Stem. Geleer wie die Heilige Gees is en Hom toegelaat om my hele wese te vul.... Geleer hoe om te volg en geleer hoe om te lei....Alles in die Naam van Jesus.....my Verlosser en Saligmaker.....
Waarom zip ek dan my lip ?... Vader genade asseblief.

......  ......   ......ek het op hierdie stukkie blog afgekom wat ek verlede jaar einde November se kant al moes geskryf het en dis vandag 22 April...... en ek wil dit graag nou publish want dit lees as 'n stukkie goud vir my.....

1 opmerking:

Maretha het gesê...

Vriendin, ek dink dis wat God met wysheid bedoel...
As jy jonk is, is jy ingestel op intellek, kennis en ervaring, maar ware wysheid, veral met betrekking tot die wese van GOD, kom slegs met die jare.
Mag die God van Liefde jou nog seën met baie wyse woorde, want ons leer uit jou woorde meer en meer van God se wonderlike genade.