Jinne dis Tawwe Tye virrie Tannies vannie Tagtigs....maar wat praat ek nou van tagtigs. Nee wat dit lê sommer hier op my voorstoep en loer vir my ook. Ek roer nou nie die bossie van finansies of plooie nie, nee gonnas . Nou praat ons straight oor daaglikse ligtyd. Van ek my oë oopmaak moet ek my breins mooi netjies ingelid hou, anders mis ek iets baie belangrik en kan ek dalk nie saampraat vir die res van die dag nie? Huh? Prys die Here ek kan nog my stille uurtjies met my Saligmaker met vrede en kalmte tegemoet gaan sonder vrees.... ja geen vrees dat ek iets gaan mis nie.....Soos jy dit lees, so verstaan jy dit en so openbaar die Helper dit vir my in my hart en siel. Ai dis darem maar lekker.
Oeps ek het nog nie gesê waaroor al die drama hierdie keer gaan nie. Al die afkortings elke dag wat ons so in die gesig staar. Dis nou nie dat ek niks van afkortings af geweet het nie. Nee ek het op skool daarvan geleer...Afrikaanse verkorte Woordelys of so ietsie, maar dit was baie min erkende woordjies soos byvoorbeeld (bv) t.g.v ; t.w.v. ; e.s.m. ; SAUK ; ens. ek kan nie onthou of die punte tussenin al toe weggeval het nie of eers in my kinders se tyd opskool nie?
So werk ek toe mos nog by die Kerk en Christian School en vra die skool vir my om 'n Teachers seminar of ietsie by te woon.Ons moes RSVP! ( ek het in daardie stadium Accounting(Acc) aangebied vir die Hoërskool).Ja believe it or not, maar elke vak by die skole het ook afkortings en die kidz reageer eerder op die afkortings as op die vaknaam. Nou ja, net julle so effe in te lig, ek het glad GEEN onderwys opleiding van geen aard in my bloed nie, maar ek het my gate uit geniet tussen die onnies. Hulle is sulke spesiale spesies op hul eie. Weet nie, maar God het hulle net ge"shower" met iets spesiaal wat ek tot vandag toe nog karring om te weet wat dit kan wees? In elke geval hier sit ek toe, darem toegerus met 'n vriendin wat ook vanaf ons skool kom en probeer om notas by te hou sodat ek kan terug rapporteer. My notaboek was die een afkorting na die ander en almal om my het so positief gereageer en selfs meer as een keer prontuit begin lag. Ek het toe ook gelag en effens langer as hulle later eers opgehou! oeps ! Dit was die ACE wat dan sal oorgaan na die FET sonder dat die IEB enigsinds beinvloed word, o ja en moet daar net gelet word op die studente wat nog hulle CAT's moet afhandel binne die tydperke wat die ..bla bla bla...Jille !!! My pen ink het skoon opgedroog. Maar moenie bevrees raak nie Ina, jy is tussen onnies hulle het pennesakkies, woeps waps en ek kry toe sommer drie, in verskillende kleure, hang af watter vak of graad sy aanbied. Terug by die skool en die verslag op die hoof se tafel met 'n nota aangeheg.... mevr Hoof, sy het haar PGCE (nagraadse onderwys thingie) ek heti 'n clue wat ek hier geskryf heti, maar miskien sal jy hê. Haar antwoord was..Puik, net waarvoor ons al jare gewag het. Die verandering in die sisteem uiteindelik ! So?? iemand verstaan die afkortings? ... en dis nie ek nie! Maar ek het survive. En die koffie en die koekies was lekker.
Om nou verder deur my dag te stap... skakel ek nou my rekenaar aan! Want die rye by die OTM's is te lank. Die internet Explorer wys eers dat die web werf kan nie oopmaak nie as gevolg van (agv) die http waarmee daar 'n error code 404 wys. Nou wat in die lewe is http nou? Nou weet ek verder dat ek gewaarsku is dat ek net met webwerwe moet werk wat sê https en die s beteken blykbaar secure. MAAR wat beteken die http ? Maar wag miskien te veel info vir my nou, solank dit wat oopmaak daarna net is wat ek wil hê.. hie hie. Ek probeer weer en whala dit werk. Dit laat my terugdink aan die eerste keer wat ek op Windows gewerk het en met 'n muis my rekenaar moes 'bestuur' Ek was die hele tafel vol en van die tafel af sonder dat ek by die regte klein icon aangekom het... hie hie...nee wat hierdie nuwe rekenaar gemors gaan nooit ooit as te nimmer vatkans kry in ons lewens nie !
En kyk nou, ek het tot nou al 'n Blackberry... EN doen instant messsaging (BBM). Wat lag jy? dis waar ! Ek doen. Die Blue Teeth ding is nog vreemd. Skype geprobeer maar my gesig lyk nie soos ekke op die video nie, so ek laaik dit nie. Compact Discs (CD's) DVD's...dis ook 'n ander storie...VCR, dis nou die ou gewone video's ..let wel (LW) op die woordjie OU... ek en Ben kan nou nog nie ons video masjien werk nie nie. Gelukkig is dit al ontkoppel en weggepak, of het ons dit al sommer weggegee ??? Een keer probeer om iets te programmeer om te record vir wanneer ons op vakansie sou wees die volgende week (wk), toe stap een van ons seuns by die Televisie (TV) kamer in en vra sommer so met die een oogopslag vir ons...wat wil julle record vir oor 10 jaar ? nou ja, dis ons ondervinding met die VCR ! Die PVR , sorry ek weet nie waarvoor staan die afkorting nie en of dit 'n afkorting is nie ?? Ek is die een in die huis wat die meeste van sy funksies kan verstaan... dis net die sport gedeeltes wat Ben moet navigate. Aha..dan kyk jy nou die advertensies... nogal die dinge wat die produk moet verkoop.... maar o wee... veral op die karre... goed meeeste van ons het grootgeword met die terme ABS remme (Anti-lock brake system) en ASS (Anti-skid system) en dan is daar die EAL (Electro Anti-lock system), nou weet ek nie of die EBD (Electro Braking Device) die EAL vervang het nie want die ASS en die ABS is ook volgens wat ek op google net so in die inleidings kon lees amper dieselle tog baie verskillende goeters. Ja goeters. En al hiri goeters het met remme te doen. EN party is op klein karretjies en andere op SUV's (Sport Utility Vehicle) O ja voordat ek vergeet daar is ook karre wat adverteer dat hulle VVT (Variable Valve Timing ) het. Ek wetie of die Formule One plat karre dit ook het tesame met hulle DRS (Drag Reduction System) nie. AL hierdie goeters klink of dit mens help om te briek of baie vinniger te laat vorentoe gaan.... nou watter ene kies ekke dan nou ? Wel dit laat my briek. Want ekke verstaan nie wat hulle sê nie, so hoe moet ek hulle karre koop ? En sê nou net ekke het 'n dollar of twee wat ek wil spend op 'n plat kar of SUV of ietsie ? Watter afkorting is die beste ? ek moet ASAP (sgm) weet !
Dis seker wanneer ek nou eers my bank www (weetniewatwaar) gaan opmaak ! O ja en maak tog net hierso seker dat die S wel in die bank se adres is ! Goue reël ! Hier is dit 'n PIN (personal identification Number en dan 'n ander skelm naampie of ietsie en dan eers is jy in die vault ! Hierso is dit amper asof jy so om jou wil kyk of niemand maar geeneen naby jou is nie, want dis jou sake waarmee jy besig is ! Gonnas nou moet jy eers 'n beneficiary skep. Nou wag jy eers vir 'n OTP (One Time Password) as jy by 'n blou bank is of 'n RVN (Random Verification Number) as jy by 'n rooi bank is.... en jy wag en jy wag.... en as jy ongeduldig is druk jy weer die knoppie vir herstuur en jy wag weer en weer..... en dan kom dit as 'n SMS (Short Message System) , my keuse, tik dit in en jy kan voortgaan. Na betaling moet jy weer wag vir 'n TVN (Transaction Verification Number ) van die rooi bank en dan eers is jy helemal afgehandel en jy is amper bankrot.... want die nuwe motortjie met sy VVT, ABS en all staan gereed vir afhaal.
Gonnas...nee wat, mense word letterlik 'n slaaf van hul omstandighede..... Elke dag is 'n oorlewingstryd en die prentjie wat ek hierbo geskilder het is maar 'n druppeltjie in die emmer....Het jy al gedink oor jou dae en hoe baie afkortings ons mee saam moet leef? Verstaan jy aldag alles waarvan almal praat? ... Of knik jy net jou kop instemmend saam en probeer saamswem in die stroom....
Hoe lyk jou geloofslewe? Is dit 'n lewe van afkortings, 'n net-net lewe of leef jy voluit...
.....die HELE WOORD.
..Life is not about survival - it is about Revival ♥
1 opmerking:
LOL!!! Hoera Ina!
Ons leef saam met 'n generasie lui praters / skrywers. En verlore is die bekoring van ons mooi Afrikaanse taal.
Almal jaag en tyd is min, so ons kap sommer alles op in kleiner dele, so ook dit wat uit ons monde en gedagtes rol.
En dis lately koel(cool) om sommer die Ingels ook so tussen in te gooi. JBS! tjomma, jbs!!!
Plaas 'n opmerking