...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Donderdag 12 Januarie 2012

Plekkie in die Son....

Gedoriewaar...son..hitte....nee jong ek soek nou n koelte kolletjie of nader aan n water dammetjie sal ek eerder sê, maar dan moet ek bylas dit moet n koue klompie water wees....want hier waar ekke nou sit loop die straaltjie water so in my nek af en dis beslis nie 'n ysblokkie wat iemand skelmpies probeer in my nek gooi het nie.... dis warmgeite....nie die menogeite nie....temperatuur van die dag en ek weti of die humditeitsindex ook daaraan gekoppel is nie... hie hie hie.... klink of ek probeer grend wees en die Weer girlkies naboots as hulle so ewe parmantig hulle sê sê. Maar as hulle sê dit gaan warm wees dan isit so! en miskien nog so biki meer.....miskien is hulle effens versigtig om ons skrik op die lyf te jaag om te sê ons gaan uitbraai...

Dit vat my nou terug na Kerstyd toe ons by ons plekkie wat ons in die Laeveld aangeskaf het as Familie saamgekuier het. Ek noem dit nou sommer ons Boshuis. Daar was nou nog net die nodigste meubels en n bord en mes en vurk .... en koffiebeker ! Die blinkdinge het nou nog geskort want ons het die plek maar eers einde November gekoop en sal die afronding so met die tyd gedoen word..... hou daarvan om eers soortvan te bly en te 'voel' hoe en waar ek wil afrond.....

Ook gaan kuier by 'n skoolvriendin en hulle plek is pragtig....heel ander boustyl en idee as ons Boshuis en met die dat ek en sy toe gesels hoor ek die Here met my praat ...maak nie saak hoe jou plek vir ander lyk nie...solank jy op 'n plek is waar jy gelukkig is om die Here te dien !

Dit vat my toe terug na al die plekke waar ons al gebly het.... ek het rondgeskarrel en gewerk en gekoop ..vroeër minder as wat ek nou ( deur Sy wonderlike genade) kan..totdat ek begin rustiger geraak het in my plek. Snaaks dan ook, dit het nie saak gemaak of dit n groter of kleiner huis bv was nie...my binneste was rustig...Vandag kyk ek terug en wonder,,, gonnas,, wat het jou besiel??? dan weet ek... dis waar ek op daardie stadium met my God connect het. En dit was ok vir my! Ag moet ook bieg sekere dae was daar tye wat ek wel gewonder het en gevra het oor Lina se mooi groot huis en Karina se pragtige nuwe sitkamerstel en en en en .... oeeee en dan antwoord Vader my..... hoekom???? ek dink omlat ek wel n goeie verhouding met Hom het en my gedagtes net so biki gedwaal het.....wyk jou ou Satan.....

Ek dink ook nou weer aan ons 4 sussies, die Vier Seisoene.. hoe ons huise verskil... ons voorkeure verskil... dis hoe ons elkeen verskil in hoe ons kies om te lewe.... hoe ons kies om ons gesin te versorg....hoe ons kies om elke dag gelukkig te wees.....dis ons poging om ons 'self' te kan wees. En elkeen wat dan dus ook 'n lid is binne daardie gesin maak dan ook sy ruimte vir hom of haar gemaklik en gerieflik want dis sy of haar plekkie. My een sus is die kunstige ene met altyd 'n projekkie of twee waaraan sy verf of werk op haar 'eet'kamer tafel en gedurig mense wat in en uitloop by haar huis want sy is altyd besig om vir hulle ietsie te doen......die ander sus is die plaas sussie... een kind kom altyd uit die bos met ietsie wat hy dalk geskiet het of wil gaan skiet en sy sussie en tjommas en oorslaap brigade is altyd aan die scheme.... en dan die slot en grendel stad sussie...dag of nag moet jy omtrent deur 143 veiligheidshekke gaan , maar alles is lekker happy-go-lucky daar once-u-in....en dan kuier jy lekker want daar is 'n kafee-kas.....en enige DVD of musiek vra maar net die kidz want tegnologie is daar ook !
.... en dan ekke.... ek verneem maar net so via die grapevine dat ek die ge-'organise'de sussie is, want alles is op hulle plek en op skedule.....hie hie hie.... maar ek weet nie meer hoe werk 'n video masjien nie.... oeps wat sê jy?..... is videomasjiene nie meer in die mode nie?....Gn blêddie wonder nie.....Ja man ek bedoel die DVD player....maar ek weet ook nie meer hoe om die TV te stel dat die ding ook werk nie ! ...want die surround sound moet ek nie uitplug nie !

Ag wat....om terug te kom na elkeen se voorkeure toe...... ek glo jou voorkeur is maar net jou soeke na jou Plekkie in die Son waar jy die Here met oorgawe kan dien. Onwillkeurig is dit deel van jou make up !

      Het jy al jou plekkie in die son reggepak
           en opgetooi.....vrede gevind.....God gevind ?

4 opmerkings:

Arlien Enslin het gesê...

Ek het! Meeste van die dae in elk geval. Daar waar die family is en 'n lekker kombuis want we cooked and for fun we baked ens....

Ina Enslin het gesê...

Sjoe and u baked and i ate.... And ate....and nou is ekke sorry !

Ina Enslin het gesê...

Sjoe and u baked and i ate.... And ate....and nou is ekke sorry !

Anoniem het gesê...

Was dit nou 'n tranedal nadat ek jou storie gelees het.Ons is omtrent 4 seisoene - so verskillend en tog is elkeen nodig om die kring te voltooi net soos Somer Winter Lente en Herfs.Ek het al telkemale gewonder waar pas ek in...Ina is slim, Marié kan uit enige ding iets maak en Neltjie kan ys aan eskimo verkoop en kruip onder mense se velle in (sy het soveel vriendinne !!) en ek.. ek kan seker met gemak sê dat ek loshande die beste is in hartseer wegsteek maar 2012 is hier en dit gaan nou nie meer gebeur nie. Hierdie jaar gaan great wees. Ek vertrou net op die Here om my coffee shop op my pad te bring en dan kan ek in Sy naam koffie bedien.Ek dwaal seker nou van jou punt af maar wil tog maar gesels. Verlede jaar was vir my so 'n moeilike jaar maar 2011 is verby en dink ek nie daaraan nie.Voor Henk se operasie was ek altyd bekommerd oor sy toestand en gaan hy weer blou word omdat hy nie asem kry en toe gebeur dit dat hy gekies word om skenker longe te ontvang. Nou sal mense dink my worries is verby maar eintlik is dit worries bietjie erger vir my maar ek weet God is in beheer. Mammie sou gister 71jr gewees het en ek kannie anders as om te wonder hoe dit sou gewees het nie. Ek weet my kinders sou haar so geniet het.....wow hier kom die trane alweer.Ek is gelukkig hier in my plekkie as my kinders en man by die huis is - geen kuiermense - net ons - agter al "143" slotte en hekke.Jammer ek het so bietjie van die onderwerp afgedwaal maar toe die woorde in my kop kom toe MOES dit net uit.