'n Sonneblom moet darem maar geanker wees in haar geloof dink ekke….want dink net …..die voetjies staan heeldag in/op/tussen vullis en tog aan die bopunt is daar die pragtigste grootste geel blom…. Selfs al is dit nie sommer ‘n ou enekie wat wild opskiet op die vullishoop nie en een van daardie wat so ‘n militere aanslag het op n Boer se land..almal in sulke laaaaang rye, netjies in gelid en selfs wanneer hulle blom doen hulle dit ook soos een Blom dieselfde kant toe en op dieselfde tyd en dieselfde hoogte en dieselfde seisoen en almal geel….laggend !En raai wat… hulle kos is ook maar uit die grond uit en bemê(i)sting…so waaroor lag hulle so breed? Weet hulle iets wat ons nie weet nie? Maar wag so biki… hulle lag slegs wanneer hulle koppies gelig is en hulle son se kant toe gedraai is…ek dink hier is n teorie te lere..Sodra hulle hul koppies laat sak en ondertoe kyk dan verwelk die blaartjies en al hul lag verdwyn… die helder geel verdof en die dowwe groen van die onderkelkblare kom te voorskyn. Hul nekhare rys en geboë nekkies raak swaar dat hulle sommer later knak ! Verdor en droog tel jy later, wat eens n pragtige geel sonneblom was, nou net n grys en swart depressiewe stekelrige massa op. Terloops hy lê nou ook op die vullishoop tussen al die res. Oninteressant.
….ekke het gesels met n hele paar vroue so deur die jare, en sal ek nou waag om n persentasie aan my wollerigheid in my binneste te koppel..mmmm dink tog ek gaan dit waag…..mmm wonnir….ag what the heck…..so 73%... of meer…..se vroue word gebully by die huis…Julle is dit nie sleg nie ? Nou praat ek van emosionele mishandeling. Dis nie ok nie. Ek kom huishoudings teë wat baie blink bo…en as Mammie eers biki relax dan kom eers net die lettertjies so een vir een uit en later vorm dit woordjies wat meer herkenbaar is as….Boelie by die huis. Die bloukolle is binne in haar siel….Party se siele is al sooo broos dit wil vrot. Watter kant toe reik sy uit of vra sy. Dis n geval van moet sy Vra, Vlei of Verlei..?Neeeeeee…. nie dit nie, want dit is al wat sy ken by die huis…. Dis haar oorlewingsTool by die huis in Verhouding 007 van Huwelik 001 version Z. Almal is dit omtrent eensgesind dat jy word later soos die robot vroutjie van die Jetsons op TV met n pap battery…en jy het nie meer n wil om enigsins eers te probeer jouself te wees wanneer jy tuis is nie…of sal ek sê jy waag dit nie…negatiewe kommentaar kan jy nie meer hanteer nie….beskuldigings aanvaar jy gelate, want dan gaan die gekerm gouer verby…..eensaamheid raak jou beste vriend…oeps wat sê ek nou…. Dis ook jou slegste vyand. Hierdie is die motivering wat jou aanpor om jou tas uit die kas te haal en die tiende keer jou klere te probeer pak ! Besluiteloosheid !
Is ek nog werd ? selfwaarde !
Maar in die openbaar dan lig sy haar koppie op en blink…probeer blink….haar siel begin later te skree en die gehoor begin onraad te merk.
Die Boer sien sy Sonneblomme se koppies begin knak….hy bemes en gooi nat !
… haar Maker…stuur die Son en sy lig haar kop op en glimlag… Hy is hier, Hy het my lief…..maak nie saak waarin my voete staan, ek kyk na die Lig, dis Hy wat my kom vry maak het…..
Sy kyk met verwagting op na Hom ----- Jesus !
1 opmerking:
Ja Inatjie, die pad saam met die boelie is geen grap nie. Maar ons God maak ons sterk genoeg om vorentoe te beur.
En toe probeer ek iets heeltemal anders nadat ek weer 'n slag gelees het deur Fascinating Womanhood, geskryf deur Helen Andelin:
Toon Respek. Net dit. Niks meer nie.
Die resultaat skud nou nie juis die aarde nie, maar vir my is hierdie treetjie genoeg. Die boelie se woorde en toon het versag.
En wanneer die tyd reg is sal ons dit bespreek, kalm en rustig, sodat die boelie kan verstaan watter impak dit oor vele jare gehad het.
En ja die sonneblom tel haar kop op en loof God.
Plaas 'n opmerking