...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Saterdag 26 Mei 2012

Boelies & Suckers...

                                                                                                                                                                    
..mmm wanir ek praat van boelies en suckers dan wil my gedagtes terug bons na die klein jare. Nee, dankie Here, ek myself was nooit as kind 'n rerige êrige egte vreeslike slagoffer van 'n boelie nie. Ag wat daar was die een hier en daar wat sy of haar luck poebeer het, maar dit het nooit my lewe omvergegooi nie. Ek het altyd vir my Mamma vertel en sy het gemonitor en ingegryp op die regte tyd. Nie te gou... en nie te laat... altyd op die regte tyd !


Deur die jare het hierdie teistering met die boeliekies nie opgehou nie.. kort-kort duik daar so 'n situasie op, maar intussen het ek geleer om self (??) die battles te fight. Ek is nie al een in hierdie wêreld wat sulke battles fight nie. Hoe groter en ouer ons of ons battles word, begin ons nie dalk die 'suckers' vs die 'boelies' word nie ?  Op watter stadium word jy die S.U.C.K.E.R ? Die tyd toe jy begin terug veg het ? Of is jy die sucker as jy net pateties sit en die boelie sy gang laat gaan??


Miskien eers kyk is 'n sucker regtig 'n 'sucker' of is hy 'n 'brainer' ???


Die Woord sê jy kan nie met 'n ou wat reg is stry nie, want jy weet jy is verkeerd, en jy weet jy kan nie met 'n ou wat verkeerd is stry nie, want jy weet jy is reg.....en ek glo dis meeste van die tyd die geval so met die stryd tussen boelies vs suckers..... jy kan nie met hom/haar stry nie.... hulle is in elk geval gewoonlik 'n rebel . Rebelleer  teen alle wil en dank en wanneer daar 'n vulkaniese uitbarsting  in gesprekvoering is, is dit die boelie wat as die victim erkenning soek.


Die enigste uitweg tot oorlewing is gee hom(die boelie) tog die label as victim en tree jy (die sucker) dan  uit as "VICTOR" !


 -----Met my God spring ek oor 'n muur ! ------



Geen opmerkings nie: