...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...

Dinsdag 06 Desember 2011

Vier Seisoene: ....jou naam, my naam...Sy Naam.....

Vier Seisoene: ....jou naam, my naam...Sy Naam.....: Wat is jou naam... hiert jy ek roep vir jou....jip ja jy.....goeie more my naam is Ina, ek is getroud met Ben...., ja ek is Mevrou...! Wat i...

....jou naam, my naam...Sy Naam.....

Wat is jou naam... hiert jy ek roep vir jou....jip ja jy.....goeie more my naam is Ina, ek is getroud met Ben...., ja ek is Mevrou...! Wat is daar in n naam ? Party sal sê alles en andere weer sommer net NIKS. Dit is nogal 'n tameletjie om te antwoord. Die manne sal graag wil hoor dat jy jouself sal voorstel as Mevrou Ina Enslin, want jy is syne, hy het jou getrou om net syne te wees......Dis reg ek is net syne, maar is dit nou rerig nodig om die hele ou stamboom so af te rammel.....ek dra mos 'n ring sodat almal kan sien dat ek wel aan iemand behoort.....

Soek ons iemand op Facebook dan wonder jy wat sal haar "nuwe" van nou wees want sien op skool was sy mejuffrou X en nou getroud is sy mevrou Y..... gonnas wat 'n gedoente.... help net so 50% om wel die "face" gedeelte by te hê want sien na so 30 jaar na skool lyk die face ook nie meer na die face nie, hie hie hie...... party wat nooit ooit blond was nie is nou so blond jy kan hul nerens heen vat nie, en andere is weer so gedress en gepress dat jy wonder wat het gebeur.. kruip hulle dalk vir die belasting gaarders weg ? En dan is daar die ander wat weer so wereldwys geraak het.. Weee jy hulle verkondig van alles en oor alles,maar ai gaan kyk biki net na hulle fotos dan spreek dit van iets heel anders, of kry hul net op n "af"dag, die donker woorde waai selfs daar op die gesigsboekie.
Ek besef net weereens hoe maklik dra mense maskers.Elkeen van ons skuil tog maar agter iets of iemand.... Doer in die county noem party dit ons duck en dive maar almal...is dit die Wereld wat dit van ons verwag, verloor ons,ons droom op hierdie manier? Beslis!
Ek het nou die dag gaan sit en dink, diep en lank moes ek dink, wat is my ware droom nou weer?eweskielik toe is daar of baie, of ??niks Nada??? Here, waar is my drome heen? Onseker of ek het of het dit net verander en ge"mature".dit het my tot n lekker lang gesprek met my God en Koning en Vader gebring. Here ek ruk nou hierdie maskers af en leef in U Waarheid want dit maak my vry ! U ken my Naam !Dankie Jesus

In die NAAM van Jesus spreek ek jou vry van jou onsekerhede...ruk af jou maskers en laat Sy Lig skyn!

Vrydag 22 April 2011

Om 'n jaar of twee ouer te word... .... ..... ....... ......... ................. hiert jy...

Jinne dis nou vir jou ding...of is dit 'n dinge.. of tel dit as tyd ? Weet nie eintlik nie, maar party dae , soos vandag byvoorbeeld isit nie lekker nie. Net vanoggend skrywe ek so ewe op my Facebook status vergifnis...altyd beter vir jouself....gonnas die dag is nogi uit nie en ekke moet dit self toepas. Nie een keer nie, paar kere. Het eers trane probeer, maar voel nie beter nie, so vergifnis is maar die beginsel wat werk. Dis mos nie iets wat werk oor hoe jy voel nie, dis net iets wat jy doen en klaar kry. Vergifnis maak jou vry ! Beteken natuurlik glad nie dat jy nie die onreg erken nie, maar dit beteken wel net dat jy kies om te fokus op dit wat jy kan beheer - jou gesindheid en jou optrede. Jou energie verhoog dan, jy bou jou potensiaal en verbeter jou vooruitsigte. Dit vereer God ook ! Die Woord se : .." kom betyds tot 'n skikking.. (Matteus 5:25) Dan is daar ook Jesus Christus se GOUE reel..."Doen vir ander alles wat julle graag wil he hulle vir julle sal doen.." (Matteus 7:12) Ek hoor baie hierdie quote oor mense se lippe, maar daar is dan 'n verskil.... hulle begin dit in 'n negatiewe sin.... MOENIE aan ander doen wat jy nie aan jou gedoen wil hê nie.. en dis bybels onwaar... Die Bybel sê dit in positiewe gesindheid --- DOEN aan ander.... . Wat het Jesus bedoel toe Hy hierdie woorde gesê het ? ? ?
1.  Waardeer ander
2.  Bedank ander
3.  Vertrou ander
Dit is nou waar ek nou wil teruggaan na my heel eerste sinnetjie... ... wat eintlik verwys na die ouderdom. En hier bedoel ek nou nie die klem op die oud gedeelte van die woord nie en ook nie die derDom gedeelte nie... hiehiehie... nou wat sê tante dan nou ???  Oud en dom in een sin..al wat oorbly is DER.... nee erens is iemand deurmekaar.... NEE NEE wag begin oor. Wat ek eintlik bedoel is die wysheid gedeelte van ouderdom.... sjoegies dit klink nou rêrig ernstig, of al op hoë ouderdom...lol. wysheid van die grysheid sou gepas het as ek nou nie die boksies so gretig gebruik het nie. Kleurkode 113A .
Gedurende die afgelope maand het dit dikwels gebeur dat ek merk dat daar van die jongere geslag se kant af geen begrip of insig is in terme van  indien ander mense wel ouer as hul blyk te wees daar 'n moontlikheid bestaan dat hulle wel meer lewenservaring en of kennis , dus dalk meer wysheid algaande 'n situasie of die lewe self het....Maak dit dalk vir jou sin ? Vir my maak dit sin....selfs in die realm van respek. Gonnapiet....behalwe my lewenservaring ( ek verjaar saterdag 4 Desember en word 'n volronde 50 ) asook my jare as ingenieurswerk het ek in direkte opleiding  (in gehoorsaamheid aan God se stem) vir 10 jaar as administrateur vir 'n Community Church wat  ook 'n Christian School het, gewerk. Dit was rerige intensiewe opleiding. Ek was nooit ooit so op mense ingestel soos daar nie. God het my karakter so gebou en vrygemaak van alle 'issues'.... ek het Sy Vader Hart geleer ken en Sy Liefde geleer. Geleer om om te gee en te luister na Sy Stem. Geleer wie die Heilige Gees is en Hom toegelaat om my hele wese te vul.... Geleer hoe om te volg en geleer hoe om te lei....Alles in die Naam van Jesus.....my Verlosser en Saligmaker.....
Waarom zip ek dan my lip ?... Vader genade asseblief.

......  ......   ......ek het op hierdie stukkie blog afgekom wat ek verlede jaar einde November se kant al moes geskryf het en dis vandag 22 April...... en ek wil dit graag nou publish want dit lees as 'n stukkie goud vir my.....

Tawwe Tye....hierdie DIY life ???

Jinne dis Tawwe Tye virrie Tannies vannie Tagtigs....maar wat praat ek nou van tagtigs. Nee wat dit lê sommer hier op my voorstoep en loer vir my ook. Ek roer nou nie die bossie van finansies of plooie nie, nee gonnas . Nou praat ons straight oor daaglikse ligtyd. Van ek my oë oopmaak moet ek my breins mooi netjies ingelid hou, anders mis ek iets baie belangrik en kan ek dalk nie saampraat vir die res van die dag nie? Huh?  Prys die Here ek kan nog my stille uurtjies met my Saligmaker met vrede en kalmte tegemoet gaan sonder vrees.... ja geen vrees dat ek iets gaan mis nie.....Soos jy dit lees, so verstaan jy dit en so openbaar die Helper dit vir my in my hart en siel. Ai dis darem maar lekker.

Oeps ek het nog nie gesê waaroor al die drama hierdie keer gaan nie. Al die afkortings elke dag wat ons so in die gesig staar. Dis nou nie dat ek niks van afkortings af geweet het nie. Nee ek het op skool daarvan geleer...Afrikaanse verkorte Woordelys of so ietsie, maar dit was baie min erkende woordjies soos byvoorbeeld (bv) t.g.v ; t.w.v. ; e.s.m. ; SAUK ; ens. ek kan nie onthou of die punte tussenin al toe weggeval het nie of eers in my kinders se tyd opskool nie?

So werk ek toe mos nog by die Kerk en Christian School en vra die skool vir my om 'n Teachers seminar of ietsie by te woon.Ons moes RSVP! ( ek het in daardie stadium Accounting(Acc) aangebied vir die Hoërskool).Ja believe it or not, maar elke vak by die skole het ook afkortings en die kidz reageer eerder op die afkortings as op die vaknaam. Nou ja, net julle so effe in te lig, ek het glad GEEN onderwys opleiding van geen aard in my bloed nie, maar ek het my gate uit geniet tussen die onnies. Hulle is sulke spesiale spesies op hul eie. Weet nie, maar God het hulle net ge"shower" met iets spesiaal wat ek tot vandag toe nog karring om te weet wat dit kan wees? In elke geval hier sit ek toe, darem toegerus met 'n vriendin wat ook vanaf ons skool kom en probeer om notas by te hou sodat ek kan terug rapporteer. My notaboek was die een afkorting na die ander en almal om my het so positief gereageer en selfs meer as een keer prontuit begin lag. Ek het toe ook gelag en effens langer as hulle later eers opgehou! oeps ! Dit was die ACE wat dan sal oorgaan na die FET sonder dat die IEB enigsinds beinvloed word, o ja en moet daar net gelet word op die studente wat nog hulle CAT's moet afhandel binne die tydperke wat die ..bla bla bla...Jille !!! My pen ink het skoon opgedroog. Maar moenie bevrees raak nie Ina, jy is tussen onnies hulle het pennesakkies, woeps waps en ek kry toe sommer drie, in verskillende kleure, hang af watter vak of graad sy aanbied. Terug by die skool en die verslag op die hoof se tafel met 'n nota aangeheg.... mevr Hoof, sy het haar PGCE (nagraadse onderwys thingie) ek heti 'n clue wat ek hier geskryf heti, maar miskien sal jy hê. Haar antwoord was..Puik, net waarvoor ons al jare gewag het. Die verandering in die sisteem uiteindelik ! So?? iemand verstaan die afkortings? ... en dis nie ek nie! Maar ek het survive. En die koffie en die koekies was lekker.
Om nou verder deur my dag te stap... skakel ek nou my rekenaar aan! Want die rye by die OTM's is te lank. Die internet Explorer wys eers dat die web werf kan nie oopmaak nie as gevolg van (agv) die http waarmee daar 'n error code 404 wys. Nou wat in die lewe is http nou? Nou weet ek verder dat ek gewaarsku is dat ek net met webwerwe moet werk wat sê https en die s beteken blykbaar secure. MAAR wat beteken die http ? Maar wag miskien te veel info vir my nou, solank dit wat oopmaak daarna net is wat ek wil hê.. hie hie. Ek probeer weer en whala dit werk. Dit laat my terugdink aan die eerste keer wat ek op Windows gewerk het en met 'n muis my rekenaar moes 'bestuur' Ek was die hele tafel vol en van die tafel af sonder dat ek by die regte klein icon aangekom het... hie hie...nee wat hierdie nuwe rekenaar gemors gaan nooit ooit as te nimmer vatkans kry in ons lewens nie !

En kyk nou, ek het tot nou al 'n Blackberry... EN doen instant messsaging (BBM). Wat lag jy? dis waar ! Ek doen. Die Blue Teeth ding is nog vreemd. Skype geprobeer maar my gesig lyk nie soos ekke op die video nie, so ek laaik dit nie. Compact Discs (CD's)  DVD's...dis ook 'n ander storie...VCR, dis nou  die ou gewone video's ..let wel (LW) op die woordjie OU... ek en Ben kan nou nog nie ons video masjien werk nie nie. Gelukkig is dit al ontkoppel en weggepak, of het ons dit al sommer weggegee ???  Een keer probeer om iets te programmeer om te record vir wanneer ons op vakansie sou wees die volgende week (wk), toe stap een van ons seuns by die Televisie (TV) kamer in en vra sommer so met die een oogopslag vir ons...wat wil julle record vir oor 10 jaar ?  nou ja, dis ons ondervinding met die VCR ! Die PVR , sorry ek weet nie waarvoor staan die afkorting nie en of dit 'n afkorting is nie ?? Ek is die een in die huis wat die meeste van sy funksies kan verstaan... dis net die sport gedeeltes wat Ben moet navigate.  Aha..dan kyk jy nou die advertensies... nogal die dinge wat die produk moet verkoop.... maar o wee... veral op die karre... goed meeeste van ons het grootgeword met die terme ABS remme (Anti-lock brake system) en ASS (Anti-skid system) en dan is daar die EAL (Electro Anti-lock system), nou weet ek nie of die EBD (Electro Braking Device) die EAL vervang het nie want die ASS en die ABS is ook volgens wat ek op google net so in die inleidings kon lees amper dieselle tog baie verskillende goeters. Ja goeters.  En al hiri goeters het met remme te doen.  EN party is op klein karretjies en andere op SUV's (Sport Utility Vehicle) O ja voordat ek vergeet daar is ook karre wat adverteer dat hulle VVT (Variable Valve Timing ) het. Ek wetie of die Formule One plat karre dit ook het tesame met hulle DRS (Drag Reduction System) nie. AL hierdie goeters klink of dit mens help om te briek of baie vinniger te laat vorentoe gaan.... nou watter ene kies ekke dan nou ? Wel dit laat my briek. Want ekke verstaan nie wat hulle sê nie, so hoe moet ek hulle karre koop ? En sê nou net ekke het 'n dollar of twee wat ek wil spend op 'n plat kar of SUV of ietsie ? Watter afkorting is die beste ? ek moet ASAP (sgm) weet !

Dis seker wanneer ek nou eers my bank www (weetniewatwaar) gaan opmaak ! O ja en maak tog net hierso seker dat die S wel in die bank se adres is ! Goue reël !  Hier is dit 'n PIN (personal identification Number en dan 'n ander skelm naampie of ietsie en dan eers is jy in die vault ! Hierso is dit amper asof jy so om jou wil kyk of niemand maar geeneen naby jou is nie, want dis jou sake waarmee jy besig is ! Gonnas nou moet jy eers 'n beneficiary skep.  Nou wag jy eers vir 'n OTP (One Time Password) as jy by 'n blou bank is of 'n RVN (Random Verification Number) as jy by 'n rooi bank is.... en jy wag en jy wag.... en as jy ongeduldig is druk jy weer die knoppie vir herstuur en jy wag weer en weer..... en dan kom dit as 'n SMS (Short Message System) , my keuse, tik dit in en jy kan voortgaan. Na betaling moet jy weer wag vir 'n TVN (Transaction Verification Number ) van die rooi bank en dan eers is jy helemal afgehandel en jy is amper bankrot.... want die nuwe motortjie met sy VVT, ABS en all staan gereed vir afhaal.

Gonnas...nee wat, mense word letterlik 'n slaaf van hul omstandighede.....  Elke dag is 'n oorlewingstryd en die prentjie wat ek hierbo geskilder het is maar 'n druppeltjie in die emmer....Het jy al gedink oor jou dae en hoe baie afkortings ons mee saam moet leef? Verstaan jy aldag alles waarvan almal praat? ... Of knik jy net jou kop instemmend saam en probeer saamswem in die stroom....


Hoe lyk jou geloofslewe? Is dit 'n lewe van afkortings, 'n net-net lewe of leef jy voluit...
                    .....die HELE WOORD.

..Life is not about survival - it is about Revival ♥

Woensdag 23 Februarie 2011

Bliep - Bliep.. Nuwe Seisoen...Bliep - Bliep....Is ek reg daarvoor.... Rut Seisoen..

Is dit een van die Vier Seisoene.. of wat is hierdie nuwe een genaamd.... jinne maar was dit nou nie bietjie vinnig  op ons nie ? Nog net gister so lekker geWAG op wat nou volgende gaan gebeur ? en gekla oor wat volgende en dat ek nou MOEG ge WAG is en so wrintie nou kom hiri seisoen soos 'n warrelwind op my af.... wonder of ek voorbereid is. Ek het mos nou al voorheen vertel van hoe rustig ek geraak het in als wat ek doen.... en niemand nou eintlik verstaan oor hiri kalmigheid wat oor my gekom het nie. Dis eintlik 'n onrustige kalmigheid.Weti hoekom niemand dit kan insien nie ? Huh .... weet ook nou nie meer nie...

Toe praat Vader mos met my ! Jinne en dis wanneer jy met 'n beker Milo of Tee of dit kan selfs 'n Cuppacino  dik met room doer oppi bank diep weggesink inni kussings gaan sit en luister na Sy stem... sag en so vol Liefde vir my, verduidelik Hy spesiaal vir my hierdie seisoen.....Rut se seisoen. Dis die seisoen van voorbereiding en gaan alles oor totale oorgawe ...surrender and covenant...  How to prepare yourself

Om saam met God te wandel behels sekere protokol, want daar staan geskryf dat Naomi het aan Rut sekere voorskrifte ten opsigte van Boas gegee. Soos ek dit verstaan verteenwoordig Boas 'n tipe van Jesus en Rut  die Bruid van Christus. Die dinge waarvoor jy wag begin eers gebeur wanneer jy dit verstaan ! Wow. Amen !  Dus..Maak seker dis GOD se WIL !

 Rut was nie sommer  opsoek na enige man nie. Naomi het haar huiswerk gedoen, en kon Rut beduie waar om hierdie spesifieke man te vind :... Klink maklik om so 'n man te soek ???
  • Maak seker wat jy van God wil hê voordat jy daarom begin bid en maak seker dis wat HY ook wil hê. Ons sê altyd oppas netnou kry jy presies waarvoor jy bid.....  Moenie iets najaag as dit nie vir jou bedoel is nie of as dit goed lyk in iemand anders se lewe nie. God het 'n plan wat spesifiek is vir JOU lewe. Hy sal dit vir jou wys.
  • Lê jou verlede af ...Naomi het aan Rut gesê om te gaan bad... Boas sou Rut nie aanvaar het as sy na Moab (haar streek waar daar hongersnood is ) gelyk en geruik het nie. Sy moes haar verlede aflê ten einde haar toekoms te verseker. God sal vir jou 'n deur oopmaak, maar as jy nie die ou kwessies afgelê het nie, sal jy nie daardeur kan stap nie. Jy sal nie wat God vir jou wil gee kan ontvang as jy nog deur jou verlede beinvloed word nie. Dit maak nie saak of dit 6 maande of 6 jaar duur nie, jy MOET jou emosionele laste aflê..... sjoe dis een groot stap hierdie ! En God sê : Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het... Ek gaan iets nuut doen....(Jesaja 43:18-19) Hierdie stukkie Woord is sooooo groot eye opener.... paar woorde, maar ja dit neem al langer as 6 maande.....! ? selfondersoek...jip...the I must die...
  • Regte gesindheid... Naomi het aan Rut gesê...gebruik Reukolie !  In die Bybelse tyd het die mense reukolie gebruik om hulself te vernuwe en te verfris. Indien dinge nie vir jou uitwerk soos jy gehoop het nie, moenie sommer dadelik die Satan blameer nie....kyk eers of jy wel die regte gesindheid het ... maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe (Romeine 12:2)
  •  Wees opvallend...Naomi het aan Rut gesê om mooi aan te trek.. Hoekom moet ek mooi aantrek vir iets wat nog nie gebeur het nie ? Want God seën mense wat gereed is ! Wanneer dit jou tyd is en jou oomblik breek aan, moet jy gereed wees ! Hierdie verhaal van Rut wys vir my dus dat as ek bereid is om opvallend te wees, ek wel ook opgemerk sal word...Duh , maar gaan ek nie biki overdressed lyk in 'n situasie of plek as ek met 'n blink rok langs die viswaters opdaag nie? Sien jy die prentjie in jou kop ? Verstaan jy nou waar kom die benaming vir visnetkouse vandaan ..... hiehie en ons lag toe al die tyd vir hierdie mode gier....God se goedkeuring en nie die van mense nie moet jou vernaamste prioriteit wees... so al lyk jy biki uit plek uit met jou kleredrag vir die oomblik, dit maak nie saak nie....jy moet weet dat jy 'n bepaalde bestemming het, anders sal jy begin na verskonings soek en te probeer verduidelik waarom jy so anders is as ander!  Wanneer JY egter weet waarheen God met jou oppad is, maak dit nie saak nie en dan sal ander ook geen twyfel daaraan hê oor jou bestemming wanneer hulle na jou voorbereiding kyk nie!

Verder merk ek ook 2 dinge op wat Naomi aan Rut geleer het oor haar ontmoeting met Boas....
  1. Jy moet op die regte plek wees...Naomi het aan Rut gesê om na die dorsvloer toe te gaan...Hoekom ? Want Boas was daar ! Jy moet geestelik op die regte plek wees om jou seën uit God se hand te ontvang. Onthou net dat Satan jou sal probeer wysmaak dat jy dit nie verdien nie... nie goed genoeg is nie... ensomeer etc ens...bla bla bla..hy sal jou probeer wegkeer van dinge en plekke waar God wil hê jy moet wees. Hy sal jou uit jou plek uit laat voel terwyl jy eintlik right slap bang op die plek is wat God jou wil hê.....MOENIE sy leuens glo nie; wanneer God jou roep, rus Hy jou ook toe, bemagtig Hy jou en gebruik Hy jou ook tot Sy eer. Halleluja !!
  2. Die tyd moet reg wees Rut het lank vir hierdie oomblik gewag en nou moes sy ook leer om stil te wees omdat die man deur wie God haar sou seën, aan die slaap was. Dis moeilik om alleen oor iets opgewonde te wees, jy wil soooooo graag hê ander moet saam met jou ook opgewonde wees. God sê egter : WAG !! Moenie dinge probeer ryp druk nie, Moenie jouself probeer ryp druk nie, wag geduldig.. wees seker dit gaan gebeur (Habakuk 2:3) God se tydsberekening is perfek ! Hy het seëninge wat slegs vir jou bedoel is en wanneer die tyd ryp is, SAL Hy hulle aan jou gee !
Dit laat my net weer verstaan dat hierdie WAG tydperk nie sommer net 'n rustige tydjie is nie.... nee gonnapiet dis 'n besige tyd van was en was en reukoliekies smeer en vrywe.... en hierdie gewassery is meeste van die tyd 'n proses wat ons God moet toelaat om ons te was , die salwing van die Heilige Gees oor en in ons lewe toelaat, Hy ons kom vul nie net tot vol toe nie , maar tot oorlopens toe vol en dat ons , ons bruidsrokke sal aantrek en ons lewens sal oorgee aan ons Koning vir Sy koestering..... Vader ...ek buig voor U my Koning !

MAAR wanneer God sê ....KLIM UIT DIE WASMASJIEN UIT..... dan klim ek uit......

     ..."Boas het toe met Rut getrou.." Rut 4:13

Maandag 14 Februarie 2011

Warrrel Winde Woelighede... ... ... WAG ?

Aggenee wag 'n bietjie... waar is ek nou.... waarheen oppad... ekskuus ??..jammer....S T O P ! WAG ----

Voel dit vir jou ook partykeer asof alles   -of stilstaan..- of weghardloop rondom jou , mmm ek wil amper sê asof jy in die middel van 'n bondel wasgoed wat besig is om in een van hierdie wishywashy wasmasjiene te was... jip doer so reg in die middel op die sakdoekie sit jy... skud so bietjie regsom en dan skielik verander die rigting weer linksom en die skuim is reg bo-oor jou kop met die water wat so sekonde later jou heeltemal oorspoel. Waar is ek?? .. ek gly af in die dieptes af tussen die ander growwe wasgoed in....dis donker... waar is bo?... nee gonnas, dit voel ek kry nie asem nie, die seep brand my oë, maar tog is dit 'n skoonmaakproses wat besig is om te gebeur?? Is ek op die regte plek, in die regte tydgleuf?? Ek hou net nie meer by nie ! Wat het met my gebeur ? Of is dit nog besig om te gebeur, gaan dit nog erger word?

Dit is soo wonderlik om so rustig te raak in jou alledaagse tyd en gang met die lewe dat jy skoon wakkerskrik wanneer jy moet operate. Dis nogal uitputtend as jou man of die res van jou gesin sulke dinamiese taakgeorienteerde persone is, en jy het nou al 'afgeskakel' van die geroesemoes en die gejaagdheid en rustigheid jou leuse gemaak. Ek bedoel nou nie daarmee dat jy 'sleg' geraak het nie, maar geduld is jou wagwoord en jy weet dat als sal ok wees. By dit als is ek ook nogals nie iemand wat vinnig besluite kan maak nie, want ek dink aan alles van die kleur van die gordyne tot die soompie van die nagval wanneer my man my vra of ek 'n nuwe slaapkamerstel wil hê of nie..analities.. detail.. Alvorens ek hom kan antwoord moet ek eers die antwoorde op al die ander vrae ken, dan sal ek met 'n ware antwoord kan kom..... teen die tyd is hy al rasend want hy is net 'n ja of 'n nee mens..... taak een , twee en drie....more sort ons die res uit ! Die gevolg.....albei is uitgeput aan die einde van die tyd want albei probeer mekaar plek gee in die gesprek en dit hoop op en dit hoop op.... en poef ! Die fan is in die pad....

Ek hoop nou nie ek is al een wat my ervaring hier deel nie? Laat my aub weet of jy ook sulke ervarings het of dalk iemand ken met so 'n probleem en asseblief sussies moet nou nie laat weet ja jy ken iemand en dis ek nie..hie hie hie....

Ek skryf omdat ek weet 'n vriendin of twee het met my gesels en dit blyk na 'n redelike algemene probleem, maar wat egter pla is dat dit klink asof dit meer en meer mense raak, maar die girls bly stil? Party hanteer dit beter as ander, maar ai daar is wat sleg tweede kom, en dis hulle wat my kommer. As jy my kontak, kan ek miskien help. reageer op hierdie post dit sal nie public gaan nie.

Nog 'n vraag was.... wat van as jou kinders ook so taakgedrewe is. of nie is nie... wat van hulle wederhelftes? Hoe hanteer jy as Ma dit.... Wat sal jy sê ? My kinders verskil in sekere opsigte soos dag en nag en dan weer in ander opsigte is hulle presies eenders. En tog is hulle kallers uit een kraal. Ek monitor maar die situasies, maar dis maar een van die heel moeilikste dinge in hierdie wereld van ons.... om jou distansie te hou. Maar een ding weet ek verseker die korste distansie is die een van my knieë na die grond. Want dis die posisie van 'n Mamma wat vir haar kinders intree... ... ... dit sluit skoonkinders in.

En dan vanuit hierdie posisie op jou knieë hoor jy Sy stem.... WAG...en ek vra/sê..maar Here ek is in wasmasjien besig om te versuip, my oë brand van die Omo en biki later kom die Stasoft en maak alles so slap dat ek nie eens kan swem om bo te bly nie... en U wil hê ek moet WAG ?? Vader ek verstaan nie..... almal sê juis vir my ek moet my ..as roer en lewe kry....met respekte Abba Vader.... ek wag en wag en raak net al hoe rustiger en die mense om my net al hoe besiger en al hoe meer onrustiger.....

                                 En God sê.... Wag op God..... Jou Seisoen is besig om te draai.....

Nou ja dit laat my dink aan ons vroue se tyd in kraam.... in daardie laaste paar minute is dit die ergste, maar dan is uitkoms op sy naaste..... die seep brand nou behoorlik !!

        watter soort wasmasjien het jy?.... of was jy met die hand  ?

 L I E F D E .....