...I am careful to confuse excellence with perfection.. Excellence I can reach for... Perfection is God's business...
Saterdag 20 Oktober 2012
Exfoliate..oral oor.....EK MEEN O-R-A-L... en word weer jonk..
Nou ja laat ek nou sien... waar begin ek....seker eers lees....ai hulle skryf ook deesdae al hoe kleiner op die boksies en buisies en dinge...
Dis soos toe ek gaan kruideniersware koop die anir dag. Al wat n jong kind en mooi geboude dun wilgerlat dingetjie loop soos wat mens kar bestuur, aan die linkerkant van die paadjie met haar trollie en sy move net, vat hier, kyk daar, mik soontoe en gooi in die trollie... gee een ou Omie so 'n skewe kyk en mompel iets binnensmonds. Ek wonder so ewe nou wat in die derde wêreldse oorlog gaan nou daar aan, toe besef ekke dat die Oom Karolus aan die regterkant teen die "stroom" opwaarts beweeg opsoek na 'n pakkie "Trekker" koffie wat hy nog met die Sak maak. Eerstens weet die girlie nie wat hy bedoel met Trekker koffie nie en tweedens wat wil hy nou koffie met n "sak" staan en maak...mens maak dit mos in 'n Perculator masjien met filters en stomer vir jou melk en dies meer....ek hou hulle dop... want toe hulle so om die draai gaan ontmoet hulle weer so laer af in die volgende laan en nou is dit weer skeer "seep" en die kwas....en NOU spring daai lyfie ! .. Waaaat sê Oom van kwas...nodeloos om te sê.. die Lyfie se shopping was oor vir daardie spesifieke dag, maar oom Karolus het maar baie geduldig aangeploeter so al aan die regterkant van die isles aan....ek besef meteens dit was ek daardie vroeër jare wie se shopping vinnig geeindig het, maar kyk nou waar staan, loop, staan..strompel, wonder ek ook nou... aan die regterkant van die paadjie....het jy al gedink hoekom is dit omtrent net die ou mense wie se trollies so aan die "verkeerde" kant van die rakke/paadjie geparkeer staan? Dis oorlat hulle soveel verder van die rak af moet staan om te kan "sien" wat staan op die rak en dan gaan hulle nader , haal die item van die rak af, en die feit dat hul hom so bekyk is NIE of hul wonder of hul dit wil hê nie, dis om die prys ge"lees" te kry. En dan die rakke waarop die pryse gemerk is, is ook so klein geskrywe dat hul(ek) weereens meer as n armlengte weg moet staan om dit te kan lees... en dis ons rede hoekom ons aan die anderkant van die paadjie loop !
Dit bring my terug na my badkamer...hier sit ek nou met die buisie wat sê: Exfoliate..Dis eintlik my gesig goete...Ja die bakkies voel altyd so lekker sag soos boeta se boudjies as dit eers klaar ge-exfoliate is ! En DIS nou wat my aan die dink gesit het. Maar jong hier sit ekke nou in 'n land waar ek nie die goete so mildelik inni hande kan kry nie..in elke geval nie die skoonheidhuis wat ek gebruik nie..en dis n pretty penny ook,, maar ek is eensaam en dink om iets spesiaal te probeer. Besluit toe om my hele lyf daarmee te treat of sal ek eerder sê "spoil" ...wil hê my hande, knieë, hakke, elmboë etc moet ook velvet sag wees.....wil net eers lees of hulle sê : versigtig dat dit nie in die oë en neusgate en....veral onder jou naels kom nie... want dan gaan dit brand !
Die skrif was te klein geskryf, want ek het my bril in die studeerkamer vergeet en die stort was alreeds oop....maar dit het toe nie gebrand nie ! Alles is sag...daar is nie n verskil tussen my wange en my kuite nie....voel soos wolke ! Ek gaan dit verseker weer doen ! Sal net regtig 'n goedkoper produk kry vir die lyfie... jip jy lees reg, want glo vir my, dit voel sommer asof ek jare afgeskraap het.. ek sê vir jou jare....layers en layers!
(Nee my hare moet ek nog dye...ek het al in vorige blog genoem Nice&maklik nr 113A)
Dis daar in die stort toe ek nou afspoel wat Jesus toe met my gesels en sê.....
.....soos hierdie produk jou lyf exfoliate .. so wil Ek hê dat jy jou lewe moet exfoliate...
Wat n blye versekering dat dit nooit te laat is om weer jonk te word in jou verhouding met Hom nie --- EXFOLIATE net en WHALLA ♥
Dinsdag 24 Julie 2012
Smeer aan Smeer af.... of net AFSMERIGHEID....
Die titel laat mens amper glibberig.. bloep-bloep--gulp-gulp-gulp....maar dis presies die idee, gevoel of eerder gewaarwording wat ek wil oorbring. Ek voel dit knaag so aan my lyf, ek sien die blink van die smeer al glinster.....Jinne weet jy waarvan ek praat? jip ek sien die kop knik... daarsy jy weet ! Daardie outjie by die hoek van die verkeerslig, eenkant van die kar wil een selfoon kaarte aan jou afSMEER en aan die ander kant is dit die trane van n kind of n kreupele wat weer aan jou kar se verfwerk afsmeer...ek laat sak my kop om te bid en te vra vir leiding van die Heilige Gees vir die verfkant en krag om my pose te hou vir die kaartkant toe ek my kop weer net vinnig moet oplig om wel my oog op die verkeerslig en die omstandighede asook die omstanders te hou ( want sien moet nou ook nie vergeet ek woon in Afrika nie) dat ek die advertensiebord opmerk..... nog n smeerlappie, en dis n grote ! koop een en kry sommer nog een gratis !
Ry ek toe mos so en dink en wonder nog oor die verfkant, gonnas moes ek nie maar n ietsie gegee heti, het ek ooit klaar gebid? kani onthou nie ! Dis sleg. Vergifnis dis wat ek nou bid ! Oeps alweer brandstof en smeermiddel vir die kar. Wat se ek smeermiddel?? Nee dankie tog darem nog n redelike nuwe voertuig al verniel die paaie van Afrika hom rerig onverdiend. Aggenee, voordat ek kon stop en en vra vir die nodige, toe is daar alweer pikaninis aan die verfkant, darem hiri keer met ietsie wat hulle gemaak het van bessies en vislyn, ... Vende se 5 Mts ... en dis te koop R1-50 omtrent. Koop maar 2 stringe want ek het net 2 x 5 Mts (meticais) as los muntstukke gehad. O gonnapiet toe is daar n gesmeer van n ander aard.... die klein boggertjies wie se krale ek nie gekoop het nie, krap toe in hulle neuse en smeer toe hul beste diamant opgrawings aan my kar se agterkant en venster af. Ek mag mos enige kleur kar kies solank dit n witte is.(Dis sommer net terloops) Nou ja nou het ek n gestreepte kar.....gesmeerde kar. Daar was ook n hele klaskamer vol kunsstudente langs en agter my SUV gewees....Hierdie kinders kan nogal teken hoor !
O jinne, laat ek opstart en verder gaan. So ry ek nou verder en hier waar ekke woon is daar nou nie eintlik hierdie groot advertensie borde nodig nie, neeeee die huisies en party gehuggies se mure word sommer die smeerborde..... dis geel, en wat vroeër so als blou was , is nou als rooi. Net waar jy kyk is dit so kleurvol dat jy voel asof jy vol sjokolade gesmeer is want om jou is net kleure en jou kar is die boksie, veral nou dat hy ook so mooi gekleurd is ! Een ding en ek kan nou nie eintlik sê of dit n redding of n frustrasie issi.... die swart geskryf oppi mure kan ek nou nie eintlik verstaan nie, want ek isi die taal nog magtig nie..... maar so hier en daar kom die slogan deur en dan saam met die kleur en die logo lei ek af wat daar staan en weet ekke..... buy one get two for tree....of dis hoe dit lyk in hiri taal. Daar is so hier en daar n smeerbord teen n boom opgespyker ?! So ry ek smeer-smeer verder tot by die groot winkel.... die enigste winkel. Ek koop so paar goedjies wat ek nodig het....en pak nou weer die pad aan huistoe.... sjoe maar ek het nogal my hande vuil ge(smeer) daar in die stowwerige winkel...
Terug by die huis kry ek n sms van liefie af wat my vra of ons vanaand gaan uiteet. Ons is bevoorreg om wel n heerlike restaurant te kan besoek hier. Hulle kos is heerlik! tyd het aangebreek.... almal gedress en ge'press' en ons ry. Ons tafel se geselskap is goed. Dis gesellig. Die restaurant om ons is raserig en almal kuier. Ek raak stil en luister...wow... sekere groepe se taalgebruik is ook smerig ! Kan dit ook afsmeer aan my, vra ek .. so in my stilligheid? Ek dink toe aan die ou tydse spreekwoord... meng jou met die semels, dan eet die varke jou....of... in die kring van die spotters.....
Ek dink nou baie oor hierdie ding van smerigheid.....dis smerig ! Vuil taal, waar is die skeidslyn wanneer is die taal smerig of net grof?....verkope, bemarking..wanneer is dit goeie bemarking of wanneer begin dit aan jou klou soos n kunswerk op my kar.....is die stof op die produkte wat ek ini winkel koop normaal of is my frustrasie eintlik omdat ek n sanity trip na my hartsland nodig het ?......
ek weet nie,,,,
MAAR my elke dag oplossing is.... ek bind my wil aan God se Wil en elke more
wanneer ek my hare was en kam dan bid ek hierdie woorde oor my....
I've got the MIND of CHRIST.....Laat U Wil geskied...
In die Naam van Jesus....
Saterdag 26 Mei 2012
Boelies & Suckers...
..mmm wanir ek praat van boelies en suckers dan wil my gedagtes terug bons na die klein jare. Nee, dankie Here, ek myself was nooit as kind 'n rerige êrige egte vreeslike slagoffer van 'n boelie nie. Ag wat daar was die een hier en daar wat sy of haar luck poebeer het, maar dit het nooit my lewe omvergegooi nie. Ek het altyd vir my Mamma vertel en sy het gemonitor en ingegryp op die regte tyd. Nie te gou... en nie te laat... altyd op die regte tyd !
Deur die jare het hierdie teistering met die boeliekies nie opgehou nie.. kort-kort duik daar so 'n situasie op, maar intussen het ek geleer om self (??) die battles te fight. Ek is nie al een in hierdie wêreld wat sulke battles fight nie. Hoe groter en ouer ons of ons battles word, begin ons nie dalk die 'suckers' vs die 'boelies' word nie ? Op watter stadium word jy die S.U.C.K.E.R ? Die tyd toe jy begin terug veg het ? Of is jy die sucker as jy net pateties sit en die boelie sy gang laat gaan??
Miskien eers kyk is 'n sucker regtig 'n 'sucker' of is hy 'n 'brainer' ???
Die Woord sê jy kan nie met 'n ou wat reg is stry nie, want jy weet jy is verkeerd, en jy weet jy kan nie met 'n ou wat verkeerd is stry nie, want jy weet jy is reg.....en ek glo dis meeste van die tyd die geval so met die stryd tussen boelies vs suckers..... jy kan nie met hom/haar stry nie.... hulle is in elk geval gewoonlik 'n rebel . Rebelleer teen alle wil en dank en wanneer daar 'n vulkaniese uitbarsting in gesprekvoering is, is dit die boelie wat as die victim erkenning soek.
Die enigste uitweg tot oorlewing is gee hom(die boelie) tog die label as victim en tree jy (die sucker) dan uit as "VICTOR" !
-----Met my God spring ek oor 'n muur ! ------
Maandag 02 April 2012
..die Sonneblom generasie....let the Son set u free ♥
'n Sonneblom moet darem maar geanker wees in haar geloof dink ekke….want dink net …..die voetjies staan heeldag in/op/tussen vullis en tog aan die bopunt is daar die pragtigste grootste geel blom…. Selfs al is dit nie sommer ‘n ou enekie wat wild opskiet op die vullishoop nie en een van daardie wat so ‘n militere aanslag het op n Boer se land..almal in sulke laaaaang rye, netjies in gelid en selfs wanneer hulle blom doen hulle dit ook soos een Blom dieselfde kant toe en op dieselfde tyd en dieselfde hoogte en dieselfde seisoen en almal geel….laggend !En raai wat… hulle kos is ook maar uit die grond uit en bemê(i)sting…so waaroor lag hulle so breed? Weet hulle iets wat ons nie weet nie? Maar wag so biki… hulle lag slegs wanneer hulle koppies gelig is en hulle son se kant toe gedraai is…ek dink hier is n teorie te lere..Sodra hulle hul koppies laat sak en ondertoe kyk dan verwelk die blaartjies en al hul lag verdwyn… die helder geel verdof en die dowwe groen van die onderkelkblare kom te voorskyn. Hul nekhare rys en geboë nekkies raak swaar dat hulle sommer later knak ! Verdor en droog tel jy later, wat eens n pragtige geel sonneblom was, nou net n grys en swart depressiewe stekelrige massa op. Terloops hy lê nou ook op die vullishoop tussen al die res. Oninteressant.
….ekke het gesels met n hele paar vroue so deur die jare, en sal ek nou waag om n persentasie aan my wollerigheid in my binneste te koppel..mmmm dink tog ek gaan dit waag…..mmm wonnir….ag what the heck…..so 73%... of meer…..se vroue word gebully by die huis…Julle is dit nie sleg nie ? Nou praat ek van emosionele mishandeling. Dis nie ok nie. Ek kom huishoudings teë wat baie blink bo…en as Mammie eers biki relax dan kom eers net die lettertjies so een vir een uit en later vorm dit woordjies wat meer herkenbaar is as….Boelie by die huis. Die bloukolle is binne in haar siel….Party se siele is al sooo broos dit wil vrot. Watter kant toe reik sy uit of vra sy. Dis n geval van moet sy Vra, Vlei of Verlei..?Neeeeeee…. nie dit nie, want dit is al wat sy ken by die huis…. Dis haar oorlewingsTool by die huis in Verhouding 007 van Huwelik 001 version Z. Almal is dit omtrent eensgesind dat jy word later soos die robot vroutjie van die Jetsons op TV met n pap battery…en jy het nie meer n wil om enigsins eers te probeer jouself te wees wanneer jy tuis is nie…of sal ek sê jy waag dit nie…negatiewe kommentaar kan jy nie meer hanteer nie….beskuldigings aanvaar jy gelate, want dan gaan die gekerm gouer verby…..eensaamheid raak jou beste vriend…oeps wat sê ek nou…. Dis ook jou slegste vyand. Hierdie is die motivering wat jou aanpor om jou tas uit die kas te haal en die tiende keer jou klere te probeer pak ! Besluiteloosheid !
Is ek nog werd ? selfwaarde !
Maar in die openbaar dan lig sy haar koppie op en blink…probeer blink….haar siel begin later te skree en die gehoor begin onraad te merk.
Die Boer sien sy Sonneblomme se koppies begin knak….hy bemes en gooi nat !
… haar Maker…stuur die Son en sy lig haar kop op en glimlag… Hy is hier, Hy het my lief…..maak nie saak waarin my voete staan, ek kyk na die Lig, dis Hy wat my kom vry maak het…..
Sy kyk met verwagting op na Hom ----- Jesus !
Donderdag 12 Januarie 2012
Plekkie in die Son....
Gedoriewaar...son..hitte....nee jong ek soek nou n koelte kolletjie of nader aan n water dammetjie sal ek eerder sê, maar dan moet ek bylas dit moet n koue klompie water wees....want hier waar ekke nou sit loop die straaltjie water so in my nek af en dis beslis nie 'n ysblokkie wat iemand skelmpies probeer in my nek gooi het nie.... dis warmgeite....nie die menogeite nie....temperatuur van die dag en ek weti of die humditeitsindex ook daaraan gekoppel is nie... hie hie hie.... klink of ek probeer grend wees en die Weer girlkies naboots as hulle so ewe parmantig hulle sê sê. Maar as hulle sê dit gaan warm wees dan isit so! en miskien nog so biki meer.....miskien is hulle effens versigtig om ons skrik op die lyf te jaag om te sê ons gaan uitbraai...
Dit vat my nou terug na Kerstyd toe ons by ons plekkie wat ons in die Laeveld aangeskaf het as Familie saamgekuier het. Ek noem dit nou sommer ons Boshuis. Daar was nou nog net die nodigste meubels en n bord en mes en vurk .... en koffiebeker ! Die blinkdinge het nou nog geskort want ons het die plek maar eers einde November gekoop en sal die afronding so met die tyd gedoen word..... hou daarvan om eers soortvan te bly en te 'voel' hoe en waar ek wil afrond.....
Ook gaan kuier by 'n skoolvriendin en hulle plek is pragtig....heel ander boustyl en idee as ons Boshuis en met die dat ek en sy toe gesels hoor ek die Here met my praat ...maak nie saak hoe jou plek vir ander lyk nie...solank jy op 'n plek is waar jy gelukkig is om die Here te dien !
Dit vat my toe terug na al die plekke waar ons al gebly het.... ek het rondgeskarrel en gewerk en gekoop ..vroeër minder as wat ek nou ( deur Sy wonderlike genade) kan..totdat ek begin rustiger geraak het in my plek. Snaaks dan ook, dit het nie saak gemaak of dit n groter of kleiner huis bv was nie...my binneste was rustig...Vandag kyk ek terug en wonder,,, gonnas,, wat het jou besiel??? dan weet ek... dis waar ek op daardie stadium met my God connect het. En dit was ok vir my! Ag moet ook bieg sekere dae was daar tye wat ek wel gewonder het en gevra het oor Lina se mooi groot huis en Karina se pragtige nuwe sitkamerstel en en en en .... oeeee en dan antwoord Vader my..... hoekom???? ek dink omlat ek wel n goeie verhouding met Hom het en my gedagtes net so biki gedwaal het.....wyk jou ou Satan.....
Ek dink ook nou weer aan ons 4 sussies, die Vier Seisoene.. hoe ons huise verskil... ons voorkeure verskil... dis hoe ons elkeen verskil in hoe ons kies om te lewe.... hoe ons kies om ons gesin te versorg....hoe ons kies om elke dag gelukkig te wees.....dis ons poging om ons 'self' te kan wees. En elkeen wat dan dus ook 'n lid is binne daardie gesin maak dan ook sy ruimte vir hom of haar gemaklik en gerieflik want dis sy of haar plekkie. My een sus is die kunstige ene met altyd 'n projekkie of twee waaraan sy verf of werk op haar 'eet'kamer tafel en gedurig mense wat in en uitloop by haar huis want sy is altyd besig om vir hulle ietsie te doen......die ander sus is die plaas sussie... een kind kom altyd uit die bos met ietsie wat hy dalk geskiet het of wil gaan skiet en sy sussie en tjommas en oorslaap brigade is altyd aan die scheme.... en dan die slot en grendel stad sussie...dag of nag moet jy omtrent deur 143 veiligheidshekke gaan , maar alles is lekker happy-go-lucky daar once-u-in....en dan kuier jy lekker want daar is 'n kafee-kas.....en enige DVD of musiek vra maar net die kidz want tegnologie is daar ook !
.... en dan ekke.... ek verneem maar net so via die grapevine dat ek die ge-'organise'de sussie is, want alles is op hulle plek en op skedule.....hie hie hie.... maar ek weet nie meer hoe werk 'n video masjien nie.... oeps wat sê jy?..... is videomasjiene nie meer in die mode nie?....Gn blêddie wonder nie.....Ja man ek bedoel die DVD player....maar ek weet ook nie meer hoe om die TV te stel dat die ding ook werk nie ! ...want die surround sound moet ek nie uitplug nie !
Ag wat....om terug te kom na elkeen se voorkeure toe...... ek glo jou voorkeur is maar net jou soeke na jou Plekkie in die Son waar jy die Here met oorgawe kan dien. Onwillkeurig is dit deel van jou make up !
Het jy al jou plekkie in die son reggepak
en opgetooi.....vrede gevind.....God gevind ?

Teken in op:
Plasings (Atom)